Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Leraarspos: Drie jaar vastetermyn
Sluitingsdatum: Vrydag, 17 November 2017.
Hierdie is ’n voorstedelike gemeente met 589 belydende en 140 dooplidmate.
LERAARSPROFIEL: Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep:
• Die posbeskrywing sluit die primêre funksies van die predikant in – soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
• Moet beskik oor leiereienskappe en goeie spanwerk.
• Kontak met gemeentelede deur middel van Bybelstudies, huisbesoek en pastorale besoeke.
• Begrafnisse hanteer soos van tyd tot tyd benodig word.
• Die persoon moet betrokke wees by gemeente-organisering en -funksies.
• Moet kan verder uitreik na mense buite die gemeente om sodoende die gemeente uit te brei en op te bou.
• Samewerking met ander gemeentes.
• Moet in verskillende fasette met mense kan assosieer asook fokus op alle fasette van die bediening soos omskryf word in Artikel 9 van die Kerkorde met spesiale aandag op jeugwerk en ouerbegeleiding.
• Kandidate moet verkieslik in die ouderdomgroep van 35 en ouer val.
POSBESKRYWING: Hierdie kontrak is vir drie jaar. Indien dit tot die voordeel van die gemeente en leraar strek, en binne die vermoë van die gemeente is, kan die termyn deur die kerkraad, as verteenwoordigers van die gemeente, in oorleg met die leraar, verleng word, ooreenkomstig die besluite van die NG Kerk en die spesifieke behoeftes van die voorstedelike gemeente.
VERGOEDINGSPAKKET: Die totale vergoedingspakket is R15 000 per maand wat gestruktureer kan word volgens situasie en behoefte. Gratis BEHUISING word voorsien asook ander voordele wat bespreek sal word met aanstelling.
AANSOEKE: Stuur asseblief u aansoek en CV, met twee referente aan:
Die Skriba, NG Kerk Brenthurst, Posbus 5003, Brenthurst, Brakpan 1542.
Aansoeke moet maksimum vier bladsye wees. E-pos: kantoor@ngbrenthurst.co.za
Sluitingsdatum: Vrydag, 17 November 2017.
NAVRAE: Chris Rabie – sel: 082 468 2738 (Voorsitter van die kerkraad), Roelf Nel – sel: 076 635 2816.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit enige van die aansoeke te maak nie.
