Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Aansoeke word ingewag vir ’n voltydse leraarpos
Sluitingsdatum: 6 November 2017.
Gemeenteprofiel:
Koringberg is ’n plattelandse gemeente binne die Sinode van die Wes-Kaapland se grense, ongeveer 120 km van Kaapstad en bestaanuit 140 belydende en 19 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in een dorpswyk en vier buitewyke. Gemengde boerdery met wintergraan en vee as hoofvertakking, is die hoof ekonomiese aktiwiteit in die omgewing.
Leraarsprofiel:
• Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk met ’n passie vir die platteland en sy mense.
• Moet al die predikantsverpligtinge volgens Artikel 9 nakom.
• Skrifgetrou en aktuele prediking.
• Entoesiasme vir die opbou van die gemeente met persoonlike kontak met lidmate deur pastorale betrokkenheid en huisbesoek wat baie belangrik is.
• Moet verbind wees tot deelnemende bestuur en moet gemaklik in ’n span saam werk.
Vergoeding:
• Vergoeding vir leraar in hierdie gemeente kan groei tot en met posvlak vyf volgens die sinodale riglyne.
• Ruim woning beskikbaar.
• Pensioen, medies en vervoerpakket bykomend.
Aansoeke:
Belangstellendes word genooi om ’n volledige CV met hulle persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur:
E-pos: pabrand@agrizone.co.za / ngkkoringberg@gmail.com
Kontakpersone: Nols Brand (083 285 7812) / TertiaVisser (083 229 6433).
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 November 2017.
Diensaanvaarding: 1 Maart 2018.
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak indien ’n geskikte kandidaat nie gevind is nie.
