Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Welbekend

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Musiek en/of Aanbiddingsleier – eietydse erediens
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2017
Diensaanvaarding: Januarie 2018

NG Welbekend wag aansoeke in vir musiek en/of aanbiddingsleier – wat leiding gee in sang en musiek in die gemeente se eredienste. Die fokus van musiek in ons eredienste is om ’n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding met musiek in die gemeente te vestig.

Ons poog om ’n musiekstyl te volg waarin daar voortdurend variasie moet wees tussen oud, jonk, klassiek en modern. Begeleiding word met verskeidenheid van instrumente gedoen (“band”) in afwisseling met die orrel en meer klassieke klanke van fluit, viool ens.

Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • ’n Persoonlike lewende verhouding met die Here hê en ontvanklikheid vir die leiding van die Heilige Gees.
  • Entoesiasties en passievol wees oor musiek in die algemeen, maar met die klem op geestelike musiek, dit as ’n roeping beskou om die Here en die gemeente deur musiek te bedien.
  • Erediensbeplanning in samewerking met die leraar, die liturgie aanpas om met sang die diens aan te vul – in lyn met die geestelike program en visie van die gemeente soos Kerssangdiens/Kersspel, Paasdiens,Pinksterweek ens.
  • Die geskikte kandidaat moet ervaring hê in verkieslik “Powerpoint” – aanbiedings, sowel as ervaring in die gebruik van Multi media bedieningstoestelle.
  • ’n Musiekbedieningspan te kan saamstel, bou, bestuur en afrig. Verantwoordelik vir spesiale geleenthede op die gemeentekalender.
  • Beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ook oudisie tydens ’n oggend erediens.

Posaanvaarding: Begin 2018.

Stuur aansoeke aan: kerk@ngwelbekend.za.net

Navrae: Ds Abrie van Wyk: 082 388 1905 en/of Alma Visagie. Kerkkantoor 082 944 4479.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.