Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Thaba Nchu-Tweespruit

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Leraar: (3 jaar kontrakpos – hernubaar)
Sluitingsdatum: 12 November 2017.

In biddende afhanklikheid van die Here, stel die kerkraad van die NG gemeente Thaba Nchu-Tweespruit ’n vakature vir ’n kontrakpos vir drie jaar beskikbaar vir die beroep van ’n NG leraar.

Gemeenteprofiel:

Die twee-koppige gemeente is ongeveer 60 km oos van Bloemfontein. Die gemeente het ’n bedieningspunt in Thaba Nchu en Tweespruit. Die dorpe is 17 km van mekaar af. Die gemeente het 109 belydende en 22 dooplidmate.

Leraarsprofiel en pligte:

Die pos is vir drie dae per week (Sondag + 2 dae):

• Die persoon moet ’n lewende verhouding met Christus hê en gedring word deur sy liefde.

• Art 9 dien as uitgangspunt.

• Die persoon moet in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas.

• Die persoon moet huisbesoek en pastorale besoek as prioriteit beskou.

• Die persoon moet interkerklik kan saamwerk met ander kerkgenootskappe.

• Die persoon moet onbetrokke lidmate weer aktief by die kerk betrek.

• Die persoon moet die kerkraad kan bemagtig en toerus in leierskap.

• Lofprysing is belangrik vir die gemeente en die persoon moet nou saamwerk met die lofprysingsgroep.

• Die persoon moet versoenend in die gemeente kan werk.

• Die persoon moet in spanverband kan werk.

 

Vergoeding:

• Salaris: R16 500 per maand.

• ’n Pastorie is beskikbaar.

• ’n Voertuig word voorsien vir gemeentegebruik.

• Water, ligte en telefoon is vir die gemeente se rekening.

Aansoek:

Om aansoek te doen vir hierdie pos, stuur asb ’n CV met die name en kontakbesonderhede van drie referente.

Stuur aansoek aan: kerkkantoor@ngtnts.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 November 2017.

Navrae: Pierre du Toit, tel: 082 493 1197 of Orna Snyman, tel: 083 279 1660

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak indien daar nie ’n geskikte kandidaat gevind word nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.