Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Groen en gelowig

“Ek’t nodig om my kop skoon te kry; ek gaan vir ’n paar dae bos toe,” het jy waarskynlik al iemand hoor sê.

Denkers oor die verhouding mens-en-omgewing stem saam: hoe groter die afstand, hoe meer kunsmatig ons leefstyl dus, te meer die gepaardgaande psigosomatiese simptome. Verwysings na die stad as ’n “beton-oerwoud” impliseer vir ons dat dit moeilik gaan om gesond daarin te oorleef. Ian McCallum noem hierdie diskonneksie “loss of soul” wat presenteer in angstigheid, verlies aan kreatiwiteit en verhoudingstres.

Gelukkig is die teenoorgestelde ook waar: ’n intensionele saamleef in en met die ritmes van die skepping, insluitende gereelde rusperiodes, bevry ons grootliks van die gejaagdheid van die verbruikersamelewing. Die Skrifmetafoor hiervoor is die Sabbat – ’n ryk konsep van rus wat helend op alle verhoudinge inspeel: sosiaal, geestelik, emosioneel en ekologies; en ons reeds iets laat ervaar van die rus en harmonie waartoe Christus ons nooi (Matt 11:28).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top