Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Jan Kempdorp

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
SLUITINGSDATUM: 17 November 2017.

In biddende afhanklikheid van die Here stel ons die pos aan belangstellende proponente en leraars bekend.

GEMEENTEPROFIEL:

Die gemeente is ’n goed gevestigde plattelandse gemeente in die Noord-Kaap, geleë in die pragtige Vaalharts-Vallei, ongeveer 100 km noord van Kimberley langs die N18.

Die gemeente bestaan uit 512 belydende en 118 dooplidmate met 340 besoekpunte. Van die 25 wyke is twee plaaswyke en die huis van bejaardes, Huis Andalusia, bestaande uit meenthuise, woonstelle, kamers en siekeboeg, val binne die grense van die gemeente. Daar is verskeie hoër- en laerskole in die omgewing.

LERAARSPROFIEL:

• ’n Toegewyde, entoesiastiese gelowige wat erns maak met gebed.

• Skrifgetroue prediking.

• Teologies goed toegerus en ’n gawe vir skeppende Woorduitleg.

• Persoon wat ons gereformeerde belydenis liefhet.

• Goeie menseverhoudings.

• Sterk leiding kan gee.

• ’n Gawe het om mense te inspireer en te bemoedig.

• Persoon wat sal aanpas in ’n plattelandse omgewing.

• Kontak deur middel van huisbesoek is baie belangrik.

• Bekwaam in en entoesiasties oor jeugbediening wees.

• Senior lidmate pastoraal versorg.

• Passievol en pligsgetrou sy/haar roeping uitleef.

Pligte volgens artikel 9 van die Kerkorde.

SLUITINGSDATUM: 17 November 2017.

Volgens sinodale skaal, met ruim pastorie op kerkterrein ingesluit.

AANSOEKE:

’n Volledige CV met kontakbesonderhede en drie referente voor die sluitingsdatum gerig aan:

Die Skriba

Per faks: 053 456 2011

Per e-pos: ngkerkjankempdorp@gmail.com

KONTAKPERSONE:

Skriba: Pauline du Preez 053 456 2011 (weeksdae 8:00-13:00)

Leierouderling: Hennie Lourens 072 384 3044 (alle ure)

SLUITINGSDATUM: 17 November 2017.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt. Die kerkraad verkies dat die gade, indien getroud, die kandidaat sal vergesel.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.