Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Jeugwerker
Sluitingsdatum: 22 November 2017.
Die NG gemeente Warmbad (Bela-Bela), ’n Bosvelddorp in Limpopo, wil in gehoorsaamheid aan die Here, ’n jeugwerker met die volgende posomskrywing aanstel:
Primêre pligte en verantwoordelikhede:
• Jeugbediening.
• Woordbediening aan jeug.
• Gesinsondersteuning.
• Persoonlike groei.
Profiel van die jeugwerker:
Kandidate se lewe moet getuig van ’n passie vir Jesus en die kerk.
Verder moet hulle:
• egte belangstelling in en liefde vir jongmense hê;
• beskik oor ’n natuurlike aanleg om verhoudings te bou;
• op informele en formele vlak ’n geestelike voorbeeld en mentor wees;
• die vermoë hê om jongmense se potensiaal te identifiseer, hul gawes na vore te bring en leiers te ontwikkel;
• innemendheid, nederigheid en energie uitstraal;
• beskik oor eie vervoer.
Kwalifikasies en ondervinding:
• Ondervinding van jeugwerk is ’n aanbeveling.
’n Tersiêre kwalifikasie in jeugwerk.
Sluitingsdatum: 22 November 2017.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018.
Vergoeding: Gratis huisvesting word voorsien. ’n Billike vergoeding word aangebied.
Aansoeke: Stuur u CV met twee verwysings, asook ’n kort narratief ter motivering van jou aansoek na: Die Sameroeper, BVD, e-pos: kantoor@warmbad.co.za
