Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Pos van Algemene Bestuurder
Sluitingsdatum: 20 November 2017.
Die Algemene Sinode Moderamen vra hiermee belangstellendes om aansoek te doen vir die pos van Algemene Bestuurder.
Minimum kwalifikasies (essensieel): Toepaslike tersiêre kwalifikasie in teologie.
Minimum toepaslike ondervinding (jare): 10 jaar toepaslike ervaring van die NG Kerk se strukture en funksionering.
Verantwoordelikhede (volle KPA’S is by die kantoor beskikbaar):
1. Ondersteuning aan die moderamen en sy taakspanne tov missionale transformasie.
2. Koördinering van, en ondersteuning aan, al die taakspanne en strukture van die Alg Sinode, insluitende die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR).
3. Ondersteuning aan die Alg Sekretaris tov die navrae en adviesdiens van die kantoor.
4. Bestuur en administrasie van die Alg Sinodale Kantoor insluitende die personeel, eiendomme en finansies.
5. Ondersteuning tov die reëlings, skribaat en administrasie van sinodes, moderamen-vergaderings, taakspanne, konferensies, ens.
Aansoeke en sluitingsdatum:
’n Volledige motivering en CV kan elektronies gestuur of gepos word om die kantoor van die Algemene Sekretaris nie later as 20 November 2017 te bereik nie.
Dr Gustav Claassen
Algemene Sekretaris, Posbus 13528, Hatfield 0028
info@ngkerk.org.za
Navrae kan gerig word aan:
Gustav Claassen gustavc@ngkerk.org.za
Pieter van Rooyen pieter@clshr.co.za
