Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Een jaar kontrakpos vir emeritus of proponent
Sluitingsdatum: 3 Januarie 2018.
GEMEENTEPROFIEL: Louwna is ’n klein plattelandse gemeente bestaande uit 90 bely- dende en 22 dooplidmate. Louwna is in die Vryburgdistrik.
LERAARSPLIGTE en PROFIEL:
• Take en pligte sal onderhandel word volgens die riglyne van die kerkorde.
• Begrip en passie hê vir die uitdagings van ’n klein plattelandse gemeente.
VERGOEDINGSPAKKET:
• Maandelikse salaris en werksure sal onderhandel word.
• Pastorie met gratis krag en water word voorsien.
• Oor die reiskoste sal onderhandel word.
SLUITINGSDATUM: 3 Januarie 2018.
AANSOEKE: Moet vergesel wees van CV en kontakbesonderhede van twee referente.
Indien kortlys gehaal word moet kandidate beskikbaar wees vir onderhoud en ’n preek. Moet aanduiding gee van wanneer diens aanvaar kan word.
KONTAKBESONDERHEDE:
Hoofouderling: Hannes de Wet, e-pos: biffiedewet@gmail.com sel: 082 948 2772
Skriba: Wilma Joubert, e-pos: ngklouwna@lantic.net sel: 076 915 2021
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring uit die groep kandidate nie.
