Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Die aarde is slagoffer van twee ekstreme godsdienstige opvattings: In ’n uitsluitlike fokus op die hemel en die redding van die siel is die skepping bloot die dekor waarteen God se heilshandelinge met die mens afspeel, en kan goedskiks aan die einde van die “opvoering” opgeruim word.

As, aan die ander kant, die perspektief op dít wat die aarde te bowe gaan, verlore raak, is dit voor-die-hand-liggend om soveel as moontlik te “eet, drink en vrolik te wees, want môre sterf ons”. Die gevolglike najaag van geld, besittings, mag, status en plesier hou rampspoedige nuus in vir die omgewing.

Daarom is die nalatenskap van die Hervorming wat vanjaar wyd gevier word so kosbaar. God en sy koninkryk bly in fokus. Elke duimbreedte van hierdie skepping behoort aan Hom, en ons is as rentmeesters deur Hom geplaas om dit te versorg totdat die nuwe aarde van heelheid, geregtigheid en vrede voltooiing vind.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top