Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar – vastetermyn (Drie jaar-kontrak)
Sluitingsdatum: Vrydag, 15 Desember 2017.
Gemeenteprofiel:
Senekal is ’n plattelandse dorp, 175 km noordoos van Bloemfontein. Daar is ongeveer 358 belydende en 85 dooplidmate. Die dorp beskik oor ’n goeie hoër- en laerskool, ’n aftreeoord, ’n ENGO-kantoor en ’n bejaardesorg-tehuis.
Leraarsprofiel:
- Bedieningsgeleenthede volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- Liefdevolle en minsame persoon met ’n passievolle uitlewing van sy/haar roeping.
- Gemeentelike ervaring en wat met oorgawe huisbesoek sal doen.
- Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging met entoesiasme.
- ’n Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot die opbou van die gemeente as ’n hegte eenheid met ’n gevoel van samehorigheid.
- Saam met sy/haar huisgesin betrokke wees binne en buite die gemeente.
- Beskik oor eie vervoer wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.
Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar.
Huisvesting: Pastorie met munisipale dienste, landlyn- en selfoontoelae.
Aansoeke: U aansoek moet ’n volledige CV en minstens ses verwysings, asook kontaknommers insluit. Stuur asseblief per e-pos aan die NG gemeente Senekal by ngsenekal@telkomsa.net – bevestig ook ontvangs van u aansoek met die skriba van die kerkkantoor. Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n onderhoud en moontlik ’n preekgeleentheid. Indien u getroud is sal u gade welkom wees om die onderhoud by te woon.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 15 Desember 2017.
Navrae: Mnr Phillip Fourie (kerkraadsvoorsitter) op 083 465 1311, of die kerkkantoor op 058 481 2701 (k/u Ma-Vr 09:00 – 13:00).
