Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Taal is ’n kragtige stuk gereedskap wat, afhangende van hoe ons dit gebruik, volgens Jesus en Jakobus genees of verwond; bou of breek. Aan die hand van die verhaal van die Barmhartige Samaritaan onderskei ons drie “dialekte”, elk met ’n eie woordeskat en ’n bepaalde stel gevolge vir ons verhouding met ons medemens en die skepping.

Daar is die geweldstaal van die rowers wat verwoes, verwond en vernietig. Die een aan die ontvangkant daarvan lê bloeiend, vuil en kaal langs die pad.

Die traak-my-nie-taal van die kerklike funksionarisse wat verkies om anderpad te kyk, vererger bloot die lot van die arme slagoffer.

Genadiglik is daar die versorgingstaal van die Samaritaan wat hoop en heling, ja die lewe self vir die mishandelde verseker het.

Indien dié verhaal gelowiges kan aanspoor om oor die algemeen, maar spesifiek met die omgewing versorgings­taal te praat, is daar tog hoop op ’n toekoms vir die aarde.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top