Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Groen en gelowig

Die verkleining van ons ekologiese voetspoor is haalbaar. Die vier vernaamste aktiwiteite wat skade aanrig, is voedselproduksie, vervoer, huishoudelike energieverbruik en hulpbronbenutting. Die aankweek van twee gewoontes op elke terrein kan ’n betekenisvolle verskil maak:

Kos: Eet minder vleis; koop organiese produkte wat sover moontlik plaaslik geproduseer of self gekweek word.

Vervoer: Verminder motorritte deur te stap, of om ­fiets, bus of trein, of met ’n saamry-klub te ry; neem brand­stofverbruik in ag wanneer jy ’n voertuig aanskaf.

Energieverbruik: Vermy elektriese regulering van tem­peratuur deur van die son of koelte gebruik te maak; energiebesparende gloeilampe en ander toestelle is deesdae vrylik beskikbaar.

Bronbenutting: Verminder die koop van nie-nood­saak­like verbruikersgoedere, hergebruik, hersirkuleer so­ver moontlik en komposteer organiese afval; oorweeg oor­­skakeling na hernubare energiebronne soos die son, wind en biomassa.

Geseënde en ekovriendelike Advent- en Kerstyd toegebid!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top