Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ek skud my kop

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marinda Cox, Sinodale Evangelisasie, VGK Noord-Tvl, skryf:

Ek skud maar net my kop in ongeloof as ek so na die beloofde land (Ga-Rankuwa) se artikel in die onlangse Kerkbode, 16 Februarie 2018, kyk. Vir jare en jare swoeg en sweet ons om sendingwerk te doen, bou kerke, versprei Bybels, kos, klere en wat ook al daarmee gepaard gaan en een of twee plaaslike gemeentes wat dit amper nie kan bekos­tig nie, reik ons die hand.  Die Here voorsien nog altyd in ons behoeftes.  Nooit dik stukke koek nie, maar ook nooit net krummels nie. Net genoeg! Die Liewe Vader weet hoeveel het ons nodig en hoeveel kan ons vermag. Ek vra maar net, want dit is nie vir my om te sê wat u mag en nie mag doen met u fondse nie.

My ondervinding is dat almal met vuur inspring by ’n projek en na sowat vyf jaar sit almal met hulle voete by die vuur. Soveel keer moes ek hoor: “Mma Coxie, maar die kerk het met soveel beloftes gekom en waar is hulle nou?” Daar is VGK-gemeentes wat letterlik bars om elke maand net te oorleef en ons help waar ons kan met beperkte fondse en dan praat ons nie eens van ons eie mense se nedersettings nie.

Ek gun hulle hulle beloofde land maar wat van ou, gevestigde gemeentes en sendelinge wat swaarkry en ook veg om oorlewing?  Waar die behoefte aan kos voorkeur kry bo die aankoop van ’n Bybel. “Mma Coxie, hoe moet ons Bybels koop as ons nie eens geld het vir kos nie?”

Ek kan maar net sê: “My hulp is van die Here” en dui­send dankies aan ons donateurs met oop hande en harte.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top