Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Lutherane kan NG Kerk help

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Frank Ehmke van Nelspruit skryf:

Ek het met belangstelling die berig in Kerkbode van 12 Februarie gelees dat die Lutherse Kerk nouer same­wer­king met die NG Kerk verlang, onder meer die moontlikheid dat hulle in die toekoms NG predikante kan beroep.

Die ooreenkomste tussen die twee kerke is baie meer as die verskille, soveel so dat daar miskien in die toekoms selfs oor eenwording gedink kan word. So iets sal darem nie oornag gebeur nie.

Die Lutherse Kerk is baie meer ingestel op eksegese (Bybelteksuitleg) as die NG Kerk. Dit is ongelukkig so dat sommige NG predikante en gemeentes ’n charismatiese streep het en dat preke neig na ’n soort “geestelike vermaak” eerder as aanbidding en onderrig. Daar is sowaar steeds goeie gelowiges wat buite per­spektief glo die aarde staan op pilare. Vroue moet ook kinders baar om gered te word – 1 Timoteus 2:15.

Daar is ook baie NG lidmate wat steeds die Bybel misverstaan en nie kan begryp nie dat die NG Kerk met selektiewe Bybeltekste gruwelik gesondig het met sy hantering en bevordering van apartheid. Hoe het die groot teoloog Karl Barth nou weer gesê: “The Bible is always right but is our understanding thereof always right?”

Die Lutherse Kerk aanvaar ook gays en selfdegeslag­huwelike. Biskop Eva Brunn, hoof van die Lutherse Kerk in Swede, is kerklik en burgerlik getroud. Sy het ook kinders wat na verneem word in haar kerk gedoop is. Miskien kan die Lutherse Kerk die NG Kerk leiding gee met sy gay-probleem. ’n Mens kan darem nie help om te wonder wat die NG Kerk gaan doen wanneer die wetenskap bo alle twyfel bewys dat homoseksua­liteit ’n normale neuro-genetiese verskynsel soos links­­handigheid is nie. En boonop in die hele skepping voorkom – onder voëls, visse, insekte, diere en wat nog meer.

Ja, ek bid vir my kerk, soos ek ook met apartheid vir haar gebid het.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top