Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK MIDDELBURG KAROO

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR
Sluitingsdatum: 15 Junie 2018

Gemeenteprofiel: Middelburg Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 470 belydende lidmate en 90 dooplidmate ingedeel in 20 dorps- en 5 plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege. Sien www.ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel.doc vir ’n meer volledige profiel.

Leraarprofiel: Die leraar is ’n entrepreneur en implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, nuwe geloofsgemeenskap oor huidige gemeentegrense, die insluit van jongmense en skoolkinders en die bediening aan seniors; ’n goeie luisteraar met ’n fasiliterende styl van leierskap wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hul gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef.  ê

Netwerkvorming met rolspelers in die gemeenskap is ’n prioriteit.

Pligte: Sien omskrywing in Kerkorde Artikel 9.

Vergoeding en voordele: Vergoeding en voordele: Die TKVI, wat na gelang van die leraar se behoeftes gestruktureer kan word, beloop R292,270 per jaar. Ruim pastorie en voertuig vir gemeentewerk word voorsien.

Aansoeke: Rig aan die gemeenteraad by ngkaroo@telkomsa.net (Cc calla@ohkb.co.za). Die CV (nie langer as 4 bladsye nie) moet vergesel wees van die voltooide vraelys by www.ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkvraelys.doc Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt indien die gemeenteraad so vereis.

Sluitingsdatum: Vrydag 15 Junie 2018 om 16:00. Diensaanvaarding: 1 September 2018

Navrae:

  • Gemeenteraadsvoorsitter: Calla Perry:  calla@ohkb.co.za / 082 872 1811
  • Hoofouderling: Andries Pretorius: AndriesP@daff.gov.za / 083 654 2234
  • Brugleraar: Dr Francois du Toit: fjdutoit@mweb.co.za / 079 354 2240
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.