Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 29 Junie 2018
Dundee-Suid is ’n gemeente met ongeveer 280 belydende- en 40 dooplidmate, geleë in die noorde van KwaZulu-Natal, tussen Ladysmith en Newcastle, sowat 25 km oos van die N11-roete. Die gemeente bestaan uit 8 dorpswyke en drie plaaswyke en is die afgelope 18 maande deur ʼn brugleraar bedien. Die belangrikste ekonomiese bedrywighede in ons gemeenskap is landbou, nywerhede en mynbou. Daar is ’n aftree-oord met ʼn bejaarde versorgingseenheid in Dundee. Daar is ook goeie skole op die dorp, alhoewel heelwat van ons hoërskool kinders verkies om in Vryheid (74 km) skool te gaan.
Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van omgewings- en ander verandering. Hierdie faktore maak aanpassings in ons bedieningsbehoeftes en strategieë noodsaaklik. Ons benodig begeleiding met pastorale versorging, visionering vir die toekoms en begeleiding met gemeenteroeping. Bedieninge wat dringend aandag moet kry is vernuwende jeugbediening, getuienis en barmhartigheid.
Eredienste is vir ons kosbaar en word goed bygewoon. ’n Handevat-aksie van pastorale besoek en ondersteuning is noodsaaklik en ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur vir die nuwe omstandighede is een van ons eerste uitdagings.
Op hierdie stadium is verhoudingsbou vir ons baie belangrik binne die gemeente, sowel as met ons twee buurgemeentes, Dundee en Glencoe-Oos. ʼn Proses om ʼn kombinasie-ooreenkoms aan te gaan tussen die drie gemeentes het reeds begin.
Vergoeding:
As gemeente in proses van herstel wil ons saam die Here vertrou dat ons binne Sinodale-riglyne sal kan onderhandel.
Aansoek:
Hierdie pos is ʼn heerlike uitdaging in die koninkryk en ons bid dat die Here vir ons ʼn toegewyde kind van hom sal stuur wat saam met ons op hierdie ontdekkingsreis sal wil gaan in hierdie nuwe begin saam met Hom. Enige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span aan te sluit word genooi om voor 30 Junie 2018 ’n CV van maksimum drie bladsye en drie referente aan die onderstaande adres te stuur. Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word om te kom kuier.
Navrae:
- Stoffel Mouton (voorsitter van die kerkraad): 082 329 0225
- Ds Frikkie van der Merwe (konsulent): 082 895 6948
- Ds Bennie Brink (brugleraar): 082 337 5458
Adres: Die voorsitter, ngkerkk@kznatal.co.za
