Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Ellisras-Wes

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar


Dis bosveldwêreld hierdie! Geleë in die noorde van limpopo, 40 km vanaf die limpoporivier. Medupi- en matimbakragsentrales lê in ons grense, asook die grootste steenkoolmyn – exxaro grootgeluk.

Die gemeenskap bestaan uit boere, nywerheids- en besigheidsmense. Hier is goeie laer– en hoërskole.

Ons is ongeveer 200 aktiewe volwassenes en 70 kinders (0-18).

Die kerkgebou is baie doelmatig. Die pastorie en erf is gerieflik en ruim.

Ons funksioneer nou al hoe meer op die liggaamsmodel.

Daar heers ’n besonderse hartlikheid onder mekaar.

Indien die Here jou so lei om jou gegewens as kandidaat vir ons te stuur, sal ons dit waardeer en dit met die nodige leiding en erns hanteer.

Skrifgetroue en dinamiese prediking is vir ons belangrik. Sterk leiding aan die jeug en volwassenes is prioriteit.

Efesiërs 4:11 moet baie aandag geniet – om ander gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk.

Leierskap en spanwerk is belangrik.

’n TKVI (totale koste van indiensneming) sal tydens onderhandeling aangebied word.

Plus die kerkraad se deel van die normale kerkordelike bepalinge bydraes.

Skakel gerus met enige navraag Fanie Steyn (Brugleraar) by 082 441 1500.

Stuur jou gegewens aan fsteyn7@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.