Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Prince Alfred’s Hamlet

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 30 Julie 2018

Prince Alfred’s Hamlet is ’n pragtige dorp in die Ceresvallei, sowat 9 km buite Ceres. Dit is ’n dinamiese landbougemeenskap met ’n sterk produksiekultuur vanuit die verbouing en bemarking van sagtevrugte, groente, graan en vee. Ons omgewing beleef, te midde van al die landbouuitdagings die afgelope paar jaar, ’n goeie ekonomiese ontwikkeling. Aan die ander kant is hier groot sosio-ekonomiese uitdagings vanuit diep historiese wortels.

Dit is hier waar ons as gemeente streef om meer intiem met God, mekaar en die wêreld te leef; om die liefde van die genadige God, wat in ons hart leef, na almal uit te dra; om God se beweging te herken en daarby aan te sluit.

  • Ons word beskryf as ’n warm, hartlike, informele gemeente waar almal mekaar ken.
  • Formeel word ons as ’n programgroote gemeente beskryf met ongeveer 1 031 lidmate (766 belydend; 265 doop), met ’n potensiële groeipunt onder jong getroudes en gesinne.
  • Ons vorm deel van die Herenigende Ring van Tulbagh.
  • Ons is ’n gemeenskap wat na aan mekaar en die aarde leef, te midde van ’n veeleisende bedryf.
  • Ons word daagliks met die seëninge én gebrokenheid in en rondom ons gekonfronteer en het goeie versorging en sterk begeleiding nodig van iemand wat sensitief is vir ons konteks en God se koninkryksbeweging.

’n Uitnodiging: As jy aanvoel dat die volgende hoofstuk van God se storie met jou lewe dalk by sy storie met ons kan aansluit, nooi ons jou as gelegitimeerde om asb. die volgende vir ons te stuur na ngkpah@absamail.co.za sodat ons ’n voorlopige aanvoeling van jou menswees kan kry:

  • jou CV
  • inligting van 3 referente
  • en ’n paragraaf of twee oor die volgende drie gedagtes,
    • In die tyd waarin ons in RSA leef, heers daar ’n kultuur van …
    • In hierdie tyd behoort die plaaslike gemeente al meer te fokus op …
    • Hierbinne sal ek as gemeenteleraar die gemeente wil versorg en begelei deur …

Stuur asb jou aansoek vir ons per epos na ngkpah@absamail.co.za

Sluitingsdatum: 30 Julie 2018

Diensaanvaarding: Volgens onderlinge ooreenkoms

Navrae: 

  • Beaulah du Toit 023 313 3694/084 517 0044 (Skriba)
  • Hennie van Noordwyk 082 588 8705 (Kerkraadsleier)
  • Handri Conradie 082 411 8777 (Personeel)
  • Georgie Hewitt 082 725 2487 (Kerkraad)

Die kerkraad behou die reg om geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.