Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Wie is God?’ – die vertrekpunt van ons roeping

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Een van die terme wat in die afgelope paar jaar seker die meeste in die kerk gebruik word, is “missionaal”. Ons verstaan van gemeenskap- en kerkwees, en ons gestuurdheid in die wêreld word meer en meer beïnvloed deur ons verstaan van missionaliteit.

Die klem lê daarin dat gestuurdheid nie net ’n deel van ons bediening is nie, maar dat ons bestaan in gestuurdheid. God is besig om te beweeg in die wêreld, en ons as gemeenskap van gelowiges het die voorreg om saam te gaan.

[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2018/07/Werner-2.jpg” caption=”Werner Nel is ’n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat wat sy gemeentejaar in Lusaka doen.” align=”right” width=”270px” force_circle=”off” revealfx=”off”]

Hierdie herontdekking van ons verstaan van kerkwees plaas talle geleenthede op die tafel. Ons hoor getuienisse van gemeentes wat waarlik deel is van hierdie beweging van God, en wat sodoende ook deel raak van die stryd om versoening en geregtigheid.

’n Belangrike vraag om wel te vra, is “Wie is God?” As ons sê en bely dat God besig is om te beweeg, en ons uitnooi om saam te kom, is dit belangrik om te vra wie is hierdie God wat beweeg, en wat ons saamnooi. 

In hierdie vraag lê ons diepste identiteit as kinders van God opgesluit. Ons bely tog dat ons kinders is van die drie-enige God.

Hierdie vraag lei dan ook tot nog ’n insig, die missio Trinitatis. Die Drie-eenheid wat beweeg in die wêreld, en wat dit moontlik gemaak het vir ons om saam te kom. Hy het ons, die ander, met Homself versoen, en daarom is dit moontlik om deel te neem in sy beweging in die wêreld.

Daarom bely ons ook dat ons identiteit as kinders van die drie-enige God, inderdaad missionaal is.

In hierdie ruimte van beweging is dit dan ook moontlik vir ons om na ander te kyk soos wat God na hulle kyk. In hierdie ruimte is versoening en geregtigheid moontlik. In hierdie ruimte is dit moontlik om ontslae te raak van al ons vooropgestelde idees oor ander en oor hoe hulle behoort te wees, en om deel te neem aan die uitnodiging van die Gasheer. In hierdie ruimte kan ons in verhouding staan met ander, en opreg bely dat ons almal begenadigdes is.

Wanneer ons as kerk, die vraag “wie is God?” vir onsself bly afvra, ontdek ons weer en weer wie ons self is in Hom, en ook wie ander is, en daarom is dit dan ’n ruimte waar versoening en ’n lewe saam met ander kan plaasvind.

Dit is juis die missio Trinitatis, waarvan ons self kan deel wees wat ons as kerk se roeping bepaal, en wat ons hoop gee in tye wat dalk hopeloos voorkom.

Werner Nel is ’n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat wat sy gemeentejaar in Lusaka doen.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top