Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Mtubatuba

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltyds­ onbepaalde pos.
Sluitingsdatum aansoeke: 30 September 2018.

Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk tussen die ouderdom 25-35 jaar word genooi om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel:

Die NG gemeente Mtubatuba is ’n plattelandse gemeente in die noorde van Natal en vorm deel van die NG Kerk in KZN. Daar is tans 201 lidmate in die gemeente waarvan 157 belydende en 44 dooplidmate is. 77 lidmate is ouer as 60 jaar. 55 lidmate is ouer as 40, maar jonger as 60.

Leraarspligte en -profiel:

• Die leraar se rol en verantwoordelikheid word uitgespel in Artikel 9 van die Kerkorde van die NG Kerk.

• Dit word verwag van die leraar om in spanverband te kan saamwerk.

• Binne die plaaslike konteks is huisbesoek by gemeentelede ’n vereiste, in besonder by hulle wat pastorale ondersteuning nodig het (siekte, verlies, krisisse ens).

• Belangstelling en betrokkenheid by organisering van fondsinsamelinge is binne die konteks nodig.

• Iemand wat passievol is oor die Woordbediening en dit ook visueel kan aanbied (tegnologies vaardig).

• Iemand wat gemaklik inskakel by sowel jonger as ouer mense, iemand wat dus ’n liefde vir mense het ongeag of hul kinders of seniors is.

Vergoeding:

Die sinodale skaal word as riglyn van vergoeding gebruik en die vergoedingsaanbod is onderhandelbaar met die Diensverhoudingekommissie.

Aansoeke:

Belangstellendes stuur ’n CV met referente aan die NG Kerk Mtubatuba, Posbus 76, Mtubatuba 3935. Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Sluitingsdatum aansoeke: 30 September 2018.

Navrae:

Die Skriba, NG Kerk Mtubatuba, tel: 035 550 1085 (Di-Vry van 08:00 tot 12:00)
E-pos: ngkerk@mtuba.co.za

Gemeentelike visie:

Die opbou en uitbou van die koninkryk van God in Mtubatuba, St Lucia en omgewing in woord en daad onder leiding van die Woord en Gees van God deur gebed en liefde!

Datum van indiensneming: 01 Maart 2019 of soos onderling onderhandel.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.