Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG RUSTENBURG-WES

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermynpos vir leraar (Een jaar, met ’n opsie om te hernu)
Sluitingsdatum: 31 Julie 2018.

LERAARSPROFIEL:

Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat ampspligte sal nakom soos omskryf, met Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn.

‘n Persoon wat onder leiding van die Heilige Gees, Skrifgetrou, dinamiese Woordbediening en prediking baseer op die gereformeerde leer.

‘n Persoon wat kan help om gemeentestrukture te vestig aangesien die gemeente in ’n oorgangsfase is.

Iemand wat ’n herder vir die gemeente kan wees en moeite sal doen met pastorale ondersteuning en huisbesoek.

VERGOEDING:

Die totale vergoeding is R325 000,00 per jaar.

AANSOEKE:

Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV met die kontakbesonderhede van drie referente en kan gerig word aan die saakgelastigde by e-pos: ngwesrust@telkomsa.net

Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud, en ’n moontlike preekgeleentheid.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2018.

Diensaanvaarding: 1 September 2018.

NAVRAE:

Dr Hennie Kotze (Konsulent) 082 615 7272.
Johan Meyer (Leierouderling) 083 775 7813.
Willie van Aswegen (Ouderling) 083 232 1129.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.