Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE CERESVALLEI

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR (GEESTELIKE LEIER)
Sluitingsdatum: Einde Augustus 2018

As ’n gemeente wat in Jesus se voetspore wil volg, wil Ceresvallei-gemeente graag die dienste bekom van ’n sterk leier, wat in spanbenadering uitmunt en ons gemeente in koninkrykswerk kan toerus en lei. Ons wil graag sien dat die leier sal help om geleenthede te skep vir gemeentelede om ’n impak in ons gemeenskap te maak.

IN AFHANKLIKHEID VAN DIE HERE stel ons dus hierdie posisie aan belangstellende leraars bekend.

GEMEENTEPROFIEL

CERESVALLEI GEMEENTE is ’n gevestigde plattelandse gemeente, geleë in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres. Die gemeente is ongeveer 57 jaar oud en bestaan uit 647 belydende en 160 dooplidmate. Die huidige geestelike leier tree aan die einde van September 2018 af waarna ’n tydelike persoon sal waarneem totdat die posisie gevul word.

Ons Visie is om in Jesus se voetspore te volg.

Indien jy oortuig is dat jy, as gelegitimeerde NG Kerk leraar en medevolgeling van Jesus, saam met ons die pad van geestelike vernuwing en transformasie gehoorsaam wil stap, word jy hartlik uitgenooi om die volgende proses te volg:

Stuur jou volledige CV so spoedig moontlik, maar verkieslik nie later as einde Augustus 2018, na: ngkceresval@telkomsa.net

Skryf een paragraaf hoe jy kreatief instrumenteel ’n bydrae, relevant tot die dinamika en behoeftes van ons tyd, kan lewer tot Ceresvallei se pad van deurlopende geestelike vernuwing en transformasie van ons gemeenskap.

DIENSAANVAARDING

Een kalendermaand na bereiking van ooreenkoms.

JY IS WELKOM OM ENIGE NAVRAE AAN DIE VOLGENDE PERSONE TE RIG:

André van Wyk andrevw@dutoit.com
Daléne Conradie dalene@dutoit.com
Susan Blomerus blomerus@ceresmed.co.za

Ceresvallei behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.