Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Leraar: Jeugbediening
Sluitingsdatum: 17 Augustus 2018.
In biddende afhanklikheid van die Here nooi die NG gemeente La Rochelle gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos as jeugleraar.
La Rochelle is ’n voorstedelike makrogemeente van ongeveer 973 doop en 3 468 belydende lidmate wat tans deur twee leraars bedien word. Die gemeente het ’n passie vir die jeug wat in ’n aktiewe jeugbediening uitgeleef word. Die gemeente funksioneer baie sterk vanuit die eredienste met ’n fokus op lof en aanbidding.
Persoonsprofiel:
• ’n Passie vir die Here, sy koninkryk en kerk met spesifieke fokus op die jeug.
• Aanwending van sy/haar gawes om die huidige jeugbediening verder te begelei.
• Toepaslike kennis en vaardighede om die jeug te inspireer, te mobiliseer en toe te rus.
• Goeie interpersoonlike verhoudings en samewerking in spanverband.
Werksprofiel:
• Verantwoordelik vir die totale jeugbediening van die gemeente (voorskools tot naskools).
• Dinamiese en aktuele prediking.
• Betrokkenheid by skole in die omgewing.
• Fokus op inkomprosesse (doop en belydenisaflegging asook nuwe intrekkers).
• Musikale vaardighede kan in die aansoeker se guns tel.
Vergoeding: Pakket volgens sinodale aanbeveling. ’n Pastorie is beskikbaar.
Diensaanvaarding: 1 Desember 2018 of so spoedig moontlik daarna (onderhandelbaar).
Navrae en meer inligting: Pieter Brand 082 577 7555, kerkkantoor 021 919 9253
(register@larochelle.org.za) of www.nglarochelle.co.za
Aansoekproses: Rig onderstaande aan: Die Voorsitter, Diensverhoudinge, Posbus 4001, Old Oak 7537 of stuur dit per e-pos aan pbr2103@gmail.com
• CV met die kontakinligting van twee referente
• Aansoekvorm, verkrygbaar by: register@larochelle.org.za
• ’n Digitale opname van ’n onlangse preek.
Sluitingsdatum: 17 Augustus 2018.
Kandidate moet tot ’n onderhoud bereid wees. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
