Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2018.
As ’n gemeente wat daartoe verbind is om as gestuurdes van Jesus Christus hier op aarde op te tree en ’n verskil te maak, wil ons graag die dienste bekom van ’n daartoe geroepe, dinamiese en toegewyde leraar wat die wese van ’n plattelandse gemeente (’n mengsel van afgetredenes en landbouers) verstaan en sal omhels.
Gemeenteprofiel:
Outeniqualand is ’n landelike gemeente met tans 402 lidmate en 52 dooplidmate. Dit is geleë tussen die Outeniquaberge en die see; wes van George lughawe en oos van Groot Brakrivier. Die kerk, pastorie en kerksaal is geografies min of meer sentraal binne die gemeentegrense; ongeveer 20 km van George en 12 km van Groot Brakrivier. Daarbenewens beskik die gemeente ook oor ’n veeldoelige “kerksaal” in Glentana. Die gemeente is verdeel in vier plaaswyke, 16 strandwyke en twee buitewyke (buite ons gemeentegrense).
Pligte: Soos omskryf in Kerkorde Artikel 9.
Vergoeding:
Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar met inagneming van Sinodale riglyne.
Bedieningsmodel:
Beskikbaar op gemeentewebwerf: www.outeniqualand.co.za
Aansoekprosedure:
Voltooi aansoekvorm wat beskikbaar is op gemeentewebwerf. ’n Beknopte CV met kontakbesonderhede word ook benodig, en stuur beide dokumente ELEKTRONIES aan: ngouteniqua@mweb.co.za
Kandidate wat die kortlys haal, moet saam met hulle gades vir onderhoude en preek beurte beskikbaar wees.
Kandidate moet op versoek, indien nodig, ’n digitale kopie van ’n preek wat tydens ’n erediens opgeneem is, kan aanstuur.
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2018.
Diensaanvaarding: Onderhandelbaar by aanstelling.
Navrae: Voorsitter Pre-Advies Henk Vosloo 044 879 1876 (henkvosloo@telkomsa.net) of ds Japie Beyers 044 876 0100.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die lys van aansoekers te maak nie.
Indien erkenning van ontvangs deur Outeniqualand-gemeente NIE binne 10 dae na afsending deur aansoekers ontvang is nie, word versoek dat die kerkkantoor gekontak word by 044 876 0158.
