Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: Vrydag, 21 September 2018.
1. Gemeenteprofiel:
Stilfontein is ’n plattelandse dorp tussen Klerksdorp en Potchefstroom. Die gemeente bestaan uit ongeveer 1 036 belydende en 187 dooplidmate. Die dorp beskik oor ’n hoërskool, vier laerskole en twee aftree-oorde. Die gemiddelde ouderdom van lidmate is 55.
2. Leraarsprofiel:
• Ampspligte volgens Artikel 9 van die kerkorde.
• ’n Intieme persoonlike verhouding met God.
• Skrifgetroue en inspirerende prediking wat geestelike groei in die gemeente bevorder.
• Moet goeie interpersoonlike verhoudings in spanverband kan handhaaf met oud en jonk.
• Moet ’n hart hê vir kleingroepbediening: omgeegroepe, jeugbediening en senior groepe.
• Moet bereid wees om huisbesoek, pastorale besoek en hospitaalbesoek te doen na behoefte.
3. Vergoeding: Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn.
4. Huisvesting: Pastorie beskikbaar.
5. Aansoeke:
• U aansoek moet ’n volledige CV en minstens drie referente, asook kontaknommers insluit.
• Stuur asb u aansoek per e-pos aan ngsentraal@telkomsa.net
Maak asb seker dat u aansoek die kantoor bereik het.
• Daar mag van die kandidate wat die kortlys haal, verwag word om ’n persoonlike onderhoud met die pre-advies-kommissie te voer en ’n erediens waar te neem.
• Navrae: Kerkkantoor Ma-Vry 08:00 tot 13:00. Tel/faks: 018 484 3446 of ngsentraal@telkomsa.net Sel: 072 568 5835.
6. Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 21 September 2018.
7. Diensaanvaarding: Onderhandelbaar maar verkieslik so gou moontlik.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
