Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 22 September 2018
GEMEENTEPROFIEL: Witfield is ’n middelslag voorstedelike gemeente binne die munisipale grense van Boksburg. Hoewel ons ’n ouerwordende gemeente is, wat heelwat bejaardesorg het, was ons kategeseskool, jeugwerk en jeugkampe nog altyd een van ons gemeente se sterk bedieningspunte. Ons gemeente is lief vir, en trots op ons gereformeerde belydenisse, liturgie en eredienste. Suiwer bediening van die Woord in eredienste, kategese en pastoraat is vir ons die hoogste prioriteit. Ons streef ook na gesonde betrokkenheid by ons gemeenskap, asook skole, kultuur- en gemeenskapsorganisasies. Ons leuse is: “Leef dan as mense van die lig” en ons gemeentelied is Lied 488: “Helder skyn u lig vir die nasies”.
PLIGTE VAN LERAAR: Sien Artikel 9 van ons Kerkorde asook die leraar se dienskontrak.
VEREISTES: Enige leraar of proponent wat waarlik deur God geroep is en aan die nodige kerkordelike vereistes voldoen en by die gemeenteprofiel sal inpas kan met ’n kort CV aanmeld vir moontlike plasing op die groslys.
BEROEPING: Ons kerkraad beroep DV op 28 Oktober 2018.
DIENSAANVAARDING: Ons mik vir diensaanvaarding vanaf Januarie 2019.
TRAKTEMENT: Volgens die riglyne van die aanbevole sinodale skaal.
DIENSVOORDELE EN VOORWAARDES: Volgens die reglemente van die Kerkorde en u dienskontrak.
KORT CURRICULUM VITAE: Stuur voor 22 Sept 2018 aan: Pre-Advies by: ngkerkwitfield@telkomsa.net
NAVRAAG EN VRAELYS: Ouderlinge: Leon van der Merwe (011 826 1982), Alex Nel 011 894 1713 of ds Theo Danzfuss (011 826 1394).
Stuur asb ’n kort CV tesame met die ingevulde vraelys na ons kerkkantoor vir aandag: Pre-advies. E-pos: ngkerkwitfield@telkomsa.net, tel 011 826 1878.
