Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse vastetermynpos vir drie jaar
Sluitingsdatum: 18 September 2018.
Die kerkraad van die NG Kerk Griekwastad in die Noord-Kaap maak ’n vakature bekend nadat biddend en versigtig oorweeg is wat in die beste belang van die versorging en uitbou van die gemeente is, maar ook geldelik volhoubaar is.
Die gemeente:
Griekwastad is ’n plattelandse dorp, ongeveer 150 km vanaf Kimberley. Die NG Kerk op die dorp het 240 belydende en 23 dooplidmate, waaronder talle bejaardes. Daar is twee dorpswyke, een huis vir bejaardes en sewe plaaswyke. Toegewyde lidmate en aan-die-gang-wyke stimuleer eredienste en gee aan die gemeente ’n omgee-karakter. Die boerderygemeenskap vorm ’n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeente.
Die leraar:
Enige gelegitimeerde predikant, ook emeritus, van die NG Kerk met ’n liefde vir mense en veral ook bejaardes.
Iemand wat begrip het vir die omvattende rol van landbou in die daaglikse lewe van kerklidmate en hulle werknemers.
’n Persoon wat geheg is aan die gereformeerde leer, met entoesiastiese prediking gebaseer op die Bybel en die NG Kerk se belydenisskrifte.
Iemand wat verhoudings kan bou en ook leer en lewe bymekaar kan uitbring.
Iemand wat besef dat geestelike groei nie in afsondering geleë is nie, maar gedy te midde van die daaglikse lewe en werk, iemand met ’n familiebenadering in die bediening. Iemand wat mense tot groter milddadigheid kan help aanspoor.
’n Pastor wat begryp dat mense vir hulp kan kom aanklop, maar self ondersteunend ook uitgaan en uitreik, ’n leraar wat met opgewondenheid ons kerk se Artikel 9 saam met die kerkraad sal uitleef.
Vergoeding:
Vergoedingspakket: R420 000 (TKVI). Die gemeente beskik oor ’n goeie en ruim pastorie.
Voorleggings deur belangstellende leraars/emeriti:
’n Curriculum vitae, met ten minste twee verwysings/kontakbesonderhede moet aan die kerkkantoor gestuur word.
Die Skriba, Posbus 85, Griekwastad 8365. E-pos ngkgws@nashuaisp.co.za
Soos nodig sal onderhoude gevoer word.
Sluitingsdatum: 18 September 2018.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2019.
Navrae:
Ds Johan Botes, aflosleraar, 053 343 0991, 082 650 3309.
Joe Scholtz, voorsitter kerkraad, 082 324 9600.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die voorleggings te maak nie.
