Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar – Voltydse pos
Sluitingsdatum: 19 Oktober 2018.
Gemeenteprofiel:
Die NG gemeente Petrusburg is ’n plattelandse gemeente in die suid-wes-Vrystaat, sowat 80 km vanaf Bloemfontein en Kimberley. Die gemeente het 314 belydende en 50 dooplidmate wat ’n bejaardesorgsentrum met 75 inwoners insluit. Daar is 68 plaasbesoekpunte wat deel vorm van die totale 167 besoekpunte van die gemeente.
Gemeentevisie:
Deur God se genade ’n biddende gemeente wat mekaar in liefde dien en uitreik na die wêreld.
Leraarsprofiel:
Ons is op soek na ’n dinamiese en Geesvervulde leraar wat:
• ’n Toegewyde gelowige is wat die Here liefhet en dien;
• Geroepe is vir bediening in ’n plattelandse gemeente;
• Leierseienskappe besit met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke en ouderdomme kan uitreik;
• Verdere pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde kan verrig en
• ’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk is.
Vergoeding:
• Vry inwoning in die pastorie. (Leraar verantwoordelik vir eie munisipale dienste)
• Salaris en toelaes binne sinodale riglyne.
Aansoeke:
• Aansoeke per e-pos moet vergesel word van ’n CV met verwysings.
• Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
• E-posaansoeke na: deodewilson@gmail.com
• Navrae: Konsulent, dr Christo Herbst: 083 273 5067.
• Leierouderling Deodé Wilson: 082 430 7097.
Sluitingsdatum: 19 Oktober 2018.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik volgens ooreenkoms.
Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
