Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 15 Oktober 2018.
Die NG Kerk Eendracht nooi in afhanklikheid van die Here enige proponente, dienende leraars en emeritusleraars uit om aansoek te doen vir die komende vakature van ’n leraar. Die huidige leraar aanvaar emeritaat op 30 November 2018.
Gemeenteprofiel:
Die gemeente Eendracht bestaan uit 227 belydende en 44 dooplidmate. Dit is ’n plattelandse gemeente geleë by Leandra (Mpumalanga) en bedien hoofsaaklik ’n boerderygemeenskap. Hoewel die gemeente ’n tipiese plattelandse karakter het, is dit naby groter sentra geleë. Die gemeente is finansieel gesond.
Pligte:
Skrifgetroue prediking, pastorale ondersteuning en sistematiese huisbesoek is vereistes vir die pos. Verder die normale take volgens die kerkorde.
Voordele:
Traktement volgens sinodale skaal. ’n Pastorie is op die kerkterrein.
Posomskrywing:
In die lig van aansoeke wat ontvang word sal die kerkraad besluit of die suksesvolle kandidaat aangestel gaan word in ’n voltydse leraarspos of ’n vastetermynpos.
Kontakbesonderhede:
Stuur ’n CV (nie langer as twee A4 bladsye) met name van drie referente aan: ngkeendracht@gmail.com
Kontakpersone: Dr Samuel Louw (leraar) 082 465 4725
Mnr Johan Ueckermann (leieroudl) 082 554 6645
Dr Anton Knoetze (konsulent) 082 806 4848.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Oktober 2018.
Diensaanvaarding: Vanaf Januarie 2019.
Die kerkraad behou die reg voor om sonder ’n opgaaf van redes, nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
