Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Rietfontein-Noord

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 19 Oktober 2018


Die kerkraad van NG gemeente Rietfontein-Noord wag in afhanklikheid aansoeke in vir die bogenoemde pos.

Gemeenteprofiel: Rietfontein-Noord is ’n voorstedelike gemeente met ongeveer 1 000 lidmate en is geleë in die Moot-area van Pretoria. Ons het uitstekende laer- en hoërskole in ons omgewing. Die gemeente wil graag ’n “Fontein van lewende water vir almal” wees.

Leraarprofiel: Die voltydse leraar neem, saam met twee tentmakers, die verantwoordelikheid vir die totale bediening van die gemeente. Een tentmaker is tans vir die jeug ver­antwoordelik.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
  • Die gemeente beskik nie oor ’n pastorie nie, maar ’n behuisingstoelaag word aange- bied.

Aansoek: ’n Vraelys kan vanaf die kerkkantoor aangevra word. Die voltooide vraelys asook ’n bondige CV en ’n lys van ten minste drie referente moet gestuur word aan: kerkkantoor@ngkrn.co.za of per faks na 086 622 6425.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 Oktober 2018.

Diensaanvaarding: 15 Januarie 2019.

Navrae:

  • Erhard Wagner 082 7852604
  • Francois Naudé 084 8608000

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.