Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE LICHTENBURG

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Jeugwerker – een jaar-pos
Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Oktober 2018.

Die NG gemeente Lichtenburg is op soek na ’n energieke persoon met ’n sterk roeping ten opsigte van kinder- en jeugbediening om as jeugwerker aan te stel vir ’n termyn van minstens een jaar. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die organise­ring van die kinder- en jeugbediening van alle skoolgaande asook naskoolse jeug in die gemeente, onder leiding en in oorleg met die leraar.

Die pligte behels onder andere:

  • Aanbied en koördinering van kategese en kinderkerk.
  • Ontwikkeling en vestiging van ’n kinderkrans vir laerskoolse jeug, ’n tienerbediening vir hoërskoolse jeug en ’n volwasse jeugbediening vir naskoolse jong mense in die gemeente.
  • Bou van verhoudings met kinders en jongmense in die gemeente wat onder andere huisbesoeke sal insluit.
  • Blootstelling van die jeug van die gemeente aan uitreike en diensbaarheidsaksies.
  • Reël en aanbied van kampe.
  • Opleiding en ondersteuning van medewerkers en helpers vir die onderskeie jeugbedieninge.
  • Alle verwante take.

Posvereistes:

Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:

  • ’n Passie vir God en ’n hart vir jongmense.
  • ’n Lewende verhouding met die drie-enige God.
  • Emosionele volwassenheid en leiereienskappe.
  • Geroepenheid en passie vir jeugbediening.
  • Moet goed in spanverband kan saamwerk.
  • Lidmaat van die NG Kerk.
  • Beskik oor eie vervoer.

Kwalifikasies en ondervinding:

  • ’n Tersiêre kwalifikasie in jeugwerk.
  • Ondervinding in jeugwerk is ’n aanbeveling.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2019.

Aansoek:

  • Stuur u aansoek, asook ’n kort motivering van u aansoek per e-pos aan: kerkkantoor@klipkerk.org.za
  • Aansoeke moet ’n kort CV asook drie verwysings insluit.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Oktober 2018.

  • Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud.
  • Vergoedingspakket is onderhandelbaar.

Navrae:

Enige navrae kan telefonies gerig word aan ds Johan van Zyl, tel: 083 564 1874 of per e-pos aan: kerkkantoor@klipkerk.org.za

Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.