Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Gemeenteleier
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2018.
Gemeenteprofiel:
kerksondermure is ’n makrogemeente in Centurion en Midstream. Ons is een gemeente wat vanuit twee persele funksioneer. Ons is Bybels behoudend en eietyds.
Leier se profiel:
Die suksesvolle kandidaat sal deel vorm van die uitvoerende span, en sal aanvanklik verantwoordelik wees vir die omvattende bestuur van kerksondermure se groepebediening en jong volwassenes. Die kandidaat moet oor die volgende eienskappe/vermoë/ervaring beskik:
• ’n Spanspeler.
• Organisatoriese vaardighede.
• Voldoende en toepaslike ervaring in gemeentelike bediening.
• Ervaring en/of begrip van bediening in ’n groot gemeentekonteks.
• Verkieslik ’n gelegitimeerde predikant.
• Die ideale kandidaat het tussen 7-15 jaar toepaslike ondervinding.
Vergoeding:
’n Mededingende pakket sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Aansoeke:
Verskaf asseblief ’n kort CV met ten minste twee referente voor die sluitingsdatum.
Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word.
Aansoeke kan gestuur word aan: Miriam Muller by mmuller@ksm.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 Oktober 2018.
Vir verdere inligting kontak: Fanie Venter, 012 663 2003.
Die gemeenteraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
