Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Witpoortjie, Roodepoort
Vakature: Tentmaker
Sluitingsdatum: 30 November 2018.
(Deeltydse pos vir onbepaalde termyn)
Die kerkraad van die NG gemeente Culembeeck wag in afhanklikheid aansoeke in vir bogenoemde pos.
Gemeenteprofiel: NG Culembeeck is ’n voorstedelike gemeente in Witpoortjie, Roodepoort. Ons het 922 belydende en 258 dooplidmate met ’n voltydse leraar. Die gemeente is baie sterk gefokus op geloofsformasie by die kerk en huis. Gemeenskapsbetrokkenheid is ’n belangrike deel van die gemeentelewe.
Leraarsprofiel: Gelegitimeerde persoon met ’n gawe om met tieners en jong volwassenes te werk. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Die volgende vereistes is van besonderse belang vir die kerkaad:
• Tiener- en jongvolwassenebediening
• Skolebediening
• Prediking en eredienste
• Pastoraat
Vergoeding en voordele:
• Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
Aansoek: ’n Vraelys kan vanaf die kerkkantoor aangevra word. Die voltooide vraelys asook ’n bondige CV en ’n lys van drie referente moet gestuur word aan: kantoor@liveitchurch.com
Kandidate moet beskikbaar wees om preekbeurte in die gemeente waar te neem as deel van die keuringsproses.
Diensaanvaarding: 1 Maart 2019.
Sluitingsdatum: 30 November 2018.
Navrae:
• Ds Yolandi Kok: 079 354 7902
• Marius Nel: 083 444 2553
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
