Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE FOCHVILLE-NOORD

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: 26 Oktober 2018.

Die NG gemeente Fochville-Noord stel hiermee in biddende afhanklikheid van God ’n vakature bekend vir ’n geskikte aansoeker om as voltydse tweede leraar in die gemeente te kom dien.

GEMEENTEPROFIEL:

Fochville-Noord is ’n dinamiese groeiende gemeente in Fochville. Fochville lê tussen Potchefstroom en Johannesburg naby aan die N12-roete. Dit is ’n groeiende groot dorp wat as voorstedelike platteland beskryf kan word. Die gemeente het ’n missionêre karakter en bereik elke jaar verskillende hoogtepunte as deel van sy leuse: “Voluit vir Christus”.

Alhoewel ons ’n plattelandse gemeente is, is ons sentraal geleë naby verskillende groot sentra in die Sinode Goudland. Die dorp het ’n groot Afrikaanse hoërskool en twee groot laerskole. Die gemeente bestaan uit 1 160 belydende en 330 dooplidmate.

LERAARSPROFIEL VAN DIE GESKIKTE KANDIDAAT:

Leraars van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen is welkom om aansoek te doen:

● Beskou die verkondiging van die evangelie as ’n prioriteit en voorreg.
● Is passievol oor Christus en sy kerk en kan gemaklik met mense omgaan.
● Het ’n roeping om alle mense van ons gemeenskap met die liefde van Jesus Christus in woord en daad te bereik.
● Beskou huis- en pastorale besoeke as belangrik.
● Wil werklik binne die gemeenskap waarin ons kerk is, ’n verskil maak.
● Beskik oor die gawes om gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk en hulle te ondersteun.
● Kan met kinders en jongmense binne hulle lewenswêreld vereenselwig en hulle bedien.
● Beskik oor leiers- en bestuursvaardighede om bogemelde bedieninge te laat vlot.
● Kan in spanverband op verskillende vlakke met medegelowiges saamwerk tot eer van God.

VERGOEDING:
’n Kompeterende pakket met die sinodale skaal as riglyn sal onderhandel word.
’n Ruim pastorie sal tot beskikking gestel word van die leraar.

AANSOEKE:

Aansoeke kan per e-pos gestuur word of gefaks word na die onderstaande adres en moet ’n kort CV insluit. Daarin moet duidelik gemaak word waarom jy dink jy inpas by die bogemelde leraarsprofiel. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

SLUITINGSDATUM: 26 Oktober 2018.

NAVRAE:
Ds Johan Brink 018 771 2566 of 083 459 5214
Oudl Nic van der Werff 018 771 6019 of 083 303 0900

Die skribas: Petru Barnard of Driekie Nortjé 018 771 6003
Kerkkantoor e-pos: skriba@ngfochvillenoord.co.za

E-pos ds Brink: jpabrink@gmail.com

Kerkkantoor faks: 018 771 5422.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.