Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Jeugwerker – een jaar pos
Sluitingsdatum: 26 Oktober 2018.
Die NG gemeente Lichtenburg is op soek na ’n energieke persoon met ’n sterk roeping ten opsigte van kinder- en jeugbediening om as jeugwerker aan te stel vir ’n termyn van minstens een jaar. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die organisering van die kinder- en jeugbediening van alle skoolgaande asook naskoolse jeug in die gemeente, onder leiding en in oorleg met die leraar.
Die pligte behels onder andere:
• Aanbied en koördinering van kategese en kinderkerk.
• Ontwikkeling en vestiging van ’n kinderkrans vir laerskoolse jeug, ’n tienerbedie-
ning vir hoërskoolse jeug en ’n volwasse jeugbediening vir naskoolse jong- mense in die gemeente.
• Bou van verhoudings met kinders en jongmense in die gemeente wat onder andere huisbesoeke sal insluit.
• Blootstelling van die jeug van die gemeente aan uitreike en diensbaarheidsaksies.
• Reël en aanbied van kampe.
• Opleiding en ondersteuning van medewerkers en helpers vir die onderskeie jeugbedieninge.
• Alle verwante take.
Posvereistes:
Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:
• ’n Passie vir God en ’n hart vir jongmense.
• ’n Lewende verhouding met die drie-enige God.
• Emosionele volwassenheid en leiereienskappe.
• Geroepenheid en passie vir jeugbediening.
• Moet goed in spanverband kan saamwerk.
• Lidmaat van die NG Kerk.
• Beskik oor eie vervoer.
Kwalifikasies en ondervinding:
• ’n Tersiêre kwalifikasie in jeugwerk.
• Ondervinding in jeugwerk is ’n aanbeveling.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2019.
Aansoek:
• Stuur u aansoek, asook ’n kort motivering van u aansoek per e-pos aan: kerkkantoor@klipkerk.org.za
• Aansoeke moet ’n kort CV asook drie verwysings insluit.
• Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Oktober 2018.
• Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud.
• Vergoedingspakket is onderhandelbaar.
Navrae:
Enige navrae kan telefonies gerig word aan ds Johan van Zyl, tel: 083 564 1874 of per e-pos aan: kerkkantoor@klipkerk.org.za
Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
