Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 15 November 2018.
Drie werksdae per week sowel as Sondag
(Afgetrede predikante kan ook aansoek doen vir die pos)
Gemeenteprofiel:
Randfontein is 50 kilometer vanaf Johannesburg geleë. Daar is 209 belydende en 45 dooplidmate in die gemeente met 133 besoekpunte. Die dorp beskik oor goeie hoër- en laerskole, aftreeoorde, uitstekende mediese praktisyns, twee privaat hospitale en goeie sportgeriewe.
Leraarsprofiel:
• Persoon met ’n passievolle uitlewing van sy/haar roeping.
• Leraar wat met oorgawe huis- en siekebesoek sal doen.
• Skrifgetroue en geïnspireerde prediker met ’n gemaklike preekstyl.
• Pastorale ondersteuning aan lidmate van die gemeente.
• Sensitiewe pastor met ’n passie vir die geestelike versorging van oud en jonk.
• ’n Mens-mens wat met alle ouderdomsgroepe goeie verhoudings kan bou en handhaaf.
• In staat om met ’n gediversifiseerde leierspan in spanverband saam te werk.
Vergoeding en voordele: Allesomvattende pakket van R20 000 per maand.
Huisvesting: Gerieflike pastorie met munisipale dienste, ’n landlyn-telefoon waarvan die koste deur die kerkraad vergoed word asook ’n selfoontoelaag.
Aansoeke: U aansoek moet ’n volledige CV en minstens twee referente, asook kontaknommers insluit. Stuur asseblief per e-pos aan die NG gemeente Randfontein-Wes by: benb@kf.co.za
Aansoekers wat die kortlys haal sal genooi word vir ’n onderhoud en moontlik ’n preekgeleentheid.
• Moet beskik oor eie vervoer.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 November 2018.
Navrae: Ben Botha (kerkraadsvoorsitter) by 082 926 7929.
