Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG VENTERSDORP-OOS GEMEENTE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: Dinsdag, 1 Januarie 2019.

Gemeenteprofiel:

Ventersdorp is ’n plattelandse dorp, 48 km vanaf Potchefstroom. Daar is ongeveer 200 belydende en 47 dooplidmate. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool en ’n bejaardesorg-tehuis.

Leraarsprofiel:

Ons is op soek na ’n dinamiese en Geesvervulde leraar wat binne die eerste vyf jaar van sy bediening is:

• ’n Toegewyde gelowige is wat die Here liefhet en dien;

• Geroepe is vir bediening in ’n plattelandse gemeente;

• Gemeentelike ervaring en wat met oorgawe huisbesoek sal doen.

• Leierseienskappe besit met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke en ouderdomme kan uitreik.

• ’n Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot die opbou van die gemeente as ’n hegte eenheid met ’n gevoel van samehorigheid.

• Verdere pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde kan verrig en

• ’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk is.

Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar, met sinodale skaal 1 as riglyn.

Huisvesting: Pastorie met munisipale dienste, en selfoontoelae.

Aansoeke: U aansoek moet ’n volledige CV en minstens twee referente, asook kontaknommers insluit. Stuur asseblief per e-pos aan die NG Ventersdorp-Oos-gemeente by: ngoos.venties@gmail.com – bevestig ook ontvangs van u aansoek met die skriba van die kerkkantoor. Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n onderhoud en moontlike preekgeleentheid. Indien u getroud is sal u gade welkom wees om die onderhoud by te woon.

(NOTA: Finalejaar teologiese studente is ook welkom om aansoek te doen, aangesien die aanstelling van leraar eers na legitimasie van studente sal plaasvind.)

Sluitingsdatum vir aansoeke: Dinsdag 1 Januarie 2019.

Navrae: Mnr Eddie Mann (kerkraadsvoorsitter) op 083 271 5710, of die kerkkantoor op 082 826 1045/018 264 2582 (k/u Ma, Wo-Vr 08:00-13:00; Dinsdae gesluit).

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.