Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die kerk moet ’n nuwe kultuur help skep

AN UMBRELLA FOR THE RAINBOW NATION: POSSIBLE FUTURES FOR THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA TOWARDS 2055
Chris Adendorff en Des Collier

Alfresco graphics, 2015
Resensie deur Deon Els


Ons sukkel met die toekoms. Neurowetenskap dui aan dat die gemiddelde persoon selde oor die vermoë beskik om realisties oor die toekoms na te dink. Ons toekomsbeskouing word dikwels belemmer deur persoonlike ervaringe, gekondisio­neerde denkpatrone en emosionele welstand. Die ironie is dat hiérdie toekomsbeskouing ’n beduidende rol speel in ons hante­ring van komplekse sosio-ekonomiese probleme en maatskaplike uitdagings in die breër samelewing.

Die boek van prof C Adendorff en Des Collier gee ’n praktiese raamwerk wat lesers uitnooi om na te dink oor realistiese moontlike vooruitsigte vir Suid-Afrika. Die navorsing dui aan dat ’n inklusiewe, florerende en demokratiese samelewing binne die bereik van Suid-Afrika is.

Die boek maak ’n belangrike bydrae tot die strategiese besluite wat nodig is om hierdie florerende samelewing moontlik te maak. Watter strategiese besluite moet gemeentes/sinodes ondersoek om by te dra tot ’n gesonde Suid-Afrika vir alle mense oor 40 jaar?

Natuurlik is toekomsstudies niks nuut in Suid-Afrika nie. Daar is verskeie benaderings en navorsingstukke. Wat hierdie boek uniek maak, is die gebruik van Causal Layered Analysis en Systems Thinking om so­doen­de uitkomste te bereken vir die kompleksiteit van ons huidige politieke, ekonomiese, sosiale en morele dilemmas.

Die boek maak dit duidelik dat Suid-Afrika nie nog planne vir die toekoms nodig het nie. Ons het genoeg planne. Suid-Afrika benodig dat belangrike rolspelers soos die kerk, ’n deurdringende kultuur skep waar stra­te­giese besluite uitgevoer word.

Die grootste faktor (vol­gens navorsing) vir ’n voor­spoedige toekoms in Suid-Afrika is die herontdekking van hoop en geloof in Suid-Afrika. As liggaam van Christus is ons ’n ontsaglik belang­rike rolspe­ler in die toekoms van ons wonderli­ke land. Die boek is ’n waardevolle toevoe­ging tot die boek­rak van enige iemand wat glo dat Suid-Afrika die bedie­ningsveld is waar God hul­le heen geroep het.

▶ Dr Deon Els is leraar van die NG gemeente Krag­ga­kamma, Port Elizabeth.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top