Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

STUDENTEKERK BLOEMFONTEIN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

BEMARKING, SKAKELING, KONFERENSIE- EN FUNKSIEKOÖRDINEERDER
Sluitingsdatum: 14 November 2018

For an English advert, please do not hesitate to e-mail kopanongapplications@gmail.com or visit our Facebook page.

Indien hierdie advertensie in lyn is met u belangstellings, passie en roeping nooi ons u uit om aansoek te doen vir hierdie pos. Studentekerk Bloemfontein is ’n unieke gemeente met ’n groot hart vir ons konteks en studentebediening. Ons is geleë teen die rand van die Universiteit van die Vrystaat. Ons werk met drie beginsels in en buite die gemeente:

Gasvryheid

Hiermee bedoel ons dat ons “radikaal” gasvry is en wil wees. Ons fokus is om die gemarginaliseerde, die randfigure, die “ander” en die vreemdelinge in te sluit. Alles wat ons doen moet inklusief en gemeenskapsvormend wees.

Kopanong

Kopanong is ’n mooi Sesotho-woord wat beteken “samekoms”. Ons glo dat ons ’n punt van samekoms is vir verskillende mense, verskillende idees, kunste en gesprekke. Ons wil ook ons gebou inrig as ’n plek van ontmoetting.

Ritme

Ons werk met onderskeiding en werk dus nie met ons eie slim plannetjies nie, maar ons probeer om in ritme te bly met dit waarmee God besig is in die wêreld. Dit vereis dat ons saam as ’n gemeenskap altyd op reis is.

Posbeskrywing

Hierdie pos is ’n nuut-saamgestelde pos wat aansluit by die bogenoemde. Ons behoefte is om iemand in ons span te hê wat spesifiek verantwoordelikheid neem vir bemarking, skakeling en die bestuur van funksies en konferensies. Ons is op soek na iemand met ’n dinamiese, inklusiewe en kreatiewe persoonlikheid. Die gemeente hou gereeld konserte in ons ouditorium en kennis op hierdie gebied sal in u guns tel. U moet verkieslik Engels en Afrikaans magtig wees. Verder is die behoefte van so ’n aard dat die persoon baie goeie rekenaarvaardighede moet hê met ’n spesifieke fokus op sosiale media en ontwerp (webtuiste, Facebook, Instagram en ontwerpplatforms). Ons sal ook opleiding in al

hierdie areas voorsien indien nodig. Die begrote pakket vir hierdie pos beloop R165 430 per jaar. Kantoorure is van 08:00 tot 14:00 met sekere bykomende tye vir funksies en eredienste.

Ons nooi alle belangstellendes om teen 14/11/18 ’n CV van drie bladsye aan ons te e-pos by: kopanongapplications@gmail.com

Enige ander navrae kan gerig word aan:

Marius Louw | 081 219 3693 | marius.kopanong@gmail.com

Chris de Vries | 084 258 4556 | chris-d-v@live.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.