Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 15 Januarie 2019.
In afhanklikheid van die Here soek die NG gemeente Kamieskroon na ’n gelegitimeerde van die NG Kerk om ’n termynbepaalde of ’n tentmakerspos (afhangende van die suksesvolle aansoeker se omstandighede) by ons te vul.
Die gemeente het ongeveer 120 belydende en 15 dooplidmate, waarvan ’n deel op plase woon.
Die suksesvolle aansoeker se pakket sal bepaal word deur die beginsel van gelykwaardigheid in diensvoordele vir die aantal dae per maand waaroor ooreengekom word en die vermoë van die gemeente. Die kerkraad hou hom uiteraard aan al die ander voorskrifte van die geldende artikels van die kerkorde en reglemente. Die suksesvolle aansoeker gaan tuis in ’n gemeubileerde pastorie en maak gebruik van ’n gemeentevoertuig vir gemeentewerk.
Ons verwag nie ’n aansoek van ’n Paulus of ’n Apollos nie, maar net van iemand wat saam met ons wil erns maak om die wil van die Here te soek en te doen. Iemand wat die voorgeskrewe take van ’n leraar getrou sal vul.
Indien u gelei voel, dien elektronies ’n CV (maksimum drie bladsye) ingesluit die kontakbesonderhede van twee referente voor 15 Januarie 2019 in by ngkkamieskroon@gmail.com
