Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE VIR ’N VOLTYDSE VASTETERMYN-LERAARSPOS VIR DRIE JAAR
SLUITINGSDATUM: 6 Desember 2018.
In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om vir hierdie leraarspos aansoek te doen. Die kerkraad kan na drie jaar besluit om die termyn te verleng.
GEMEENTEPROFIEL:
Nuwerus is ’n plattelandse gemeente binne die Sinode van Wes-Kaapland se grense, ongeveer 70 km noord van Vanrhynsdorp op die N7-snelweg geleë.
Die gemeente bestaan reeds 97 jaar en het 241 belydende en 49 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in twee dorpswyke en vyf buitewyke met 122 besoekpunte. Afstand van besoekpunte is ’n radius van 100 km grondpaaie. Kleinveeboerdery is die hoof ekonomiese aktiwiteit in die omgewing.
Die kerkraad droom God se droom om ’n koninkryksverskil te maak. ’n Leraar wat saam met die kerkraad hierdie droom wil droom en uitleef, in ’n plattelandse konteks, word uitgenooi om aansoek te doen. Die kerkraad het daarom die volgende leraarsprofiel saamgestel.
LERAARSPROFIEL:
• ’n Leraar met ’n passie vir plattelandse mense en wat begrip toon vir hul unieke omstandighede;
• ’n Leraar wat ingestel is op persoonlike kontak, opbouende kommunikasie, en verhoudinge bou;
• Lidmate begelei tot dissipelskap en die beoefening van geloofsgewoontes;
• Lidmate begelei, om veral in hul plaaslike konteks, as gestuurdes te leef;
• Die gemeente op te bou en strukture innoverend aan te pas by die plattelandse omstandighede;
• Begelei samewerking met ander geloofsgemeenskappe;
• Is verbind tot deelnemende bestuur, en is ’n gemaklike spanwerker;
• Bedien en begelei die gemeente volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
VERGOEDING: R450 000,00 per jaar alles insluitend. ’n Ruim woning is beskikbaar.
AANSOEKE:
Belangstellendes word genooi om hulle persoonlike besonderhede en volledige CV, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur:
• E-pos: ngknuwerus@kingsleymail.co.za
• Faks: 086 527 5641
• Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 6 Desember 2018.
DIENSAANVAARDING: 1 April 2019, of volgens ooreenkoms.
NAVRAE:
Me Germa Bester, skriba (Ma, Di, Do, Vr: 09:00-13:00) 027 643 2047 / 073 455 1215
Mnr Bertie de Beer, voorsitter: kerkraad, 027 217 1363 / debeer@mylan.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
