Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk George-Bergsig

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse jeugwerkerspos
Sluitingsdatum: 9 Januarie 2019.

Die NG gemeente George-Bergsig se visie is: “God verander lewens, Hy stuur ons om sy liefde te leef.” Die gemeente is opsoek na ’n persoon wat vanuit hierdie visie binne sterk verhoudings die jeug van ons gemeente sal bedien. By Bergsig gemeente vind bediening in spanne plaas waarbinne die jeugwerker, lidmate en leraars saamwerk om ons jeug met passie en ywer te bedien.

Die pligte behels onder andere:
• Woordverkondiging in samewerking met leraarspan
• Toerusting van jeugbedieningleiers
• Koördinering van kleuterkerk- en kinderkerkbediening in samewerking met leraars
• Bediening van Gr 8-10 jeug in samewerking met die leierspan
• Begeleiding van belydenisklas (Gr 11)
• Organisering van jaarlikse stranddiensuitreik na Heroldsbaai
• Aanbied van plaaslike uitreike en jeugkampe
• Algemene pastorale sorg van tieners
• Bediening by skole in samewerking met personeel
• Koördinering van kleingroepbediening onder studente en jong volwassenes

Posvereistes:
Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:
• ’n Passie vir God en ’n hart vir jongmense
• ’n Sterk fokus op verhoudings
• ’n Lewende verhouding met die drie-enige God
• Emosionele en geestelike volwassenheid
• Geroepenheid en passie vir jeugbediening
• Moet goed in spanverband kan saamwerk
• Lidmaat van die NG Kerk
• Beskik oor eie vervoer

Kwalifikasies en ondervinding:
• ’n Tersiêre kwalifikasie in jeugwerk
• Ondervinding in jeugwerk is ’n aanbeveling

Diensaanvaarding: 1 Maart 2019 (vroeër indien moontlik vir die kandidaat).

Aansoek:
• Stuur u aansoek, asook ’n kort motivering van u aansoek per e-pos aan: admin@george-bergsig.co.za
• Aansoeke moet ’n kort CV asook drie verwysings insluit
• Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Januarie 2019
• Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud
• Salaris onderhandelbaar

Navrae:
Enige navrae kan telefonies gerig word aan ds Rudolph Grobler, tel: 082 820 9899 of per e-pos aan: wolliegrobler@gmail.com

Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.