Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE MELKBOSSTRAND

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2019

GEMEENTEPROFIEL

  • Die NG gemeente Melkbosstrand is ’n kultureel en spiritueel gediversifiseerde plattelandse gemeente met ongeveer 1 350 belydende en 374 dooplidmate.
  • Die gemeente is in 1983 gestig en vorm deel van ’n dinamiese kusgemeenskap wat ongeveer 30 km vanaf die middestad van Kaapstad geleë is. Die gemeente vorm deel van die Ring van Kaapstad en is saamgestel uit werkende jong volwaswassenes, gesinne met voorskoolse, skoolgaande en naskoolse kinders sowel as werkende en afgetrede senior lidmate met uiteenlopende spirituele oriëntasies.

LERAARSPROFIEL

  • Roepingsgedrewe geestelike leier.
  • Sterk leierseienskappe.
  • Skrifgetroue en geïnspireerde prediker.
  • Innoverende liturg wat vernuwing en variasie in eredienste kan inisieer.
  • ’n Mens-mens wat met alle generasies goeie verhoudings kan bou en handhaaf.
  • In staat om kulturele en spirituele inklusiwiteit te inisieer.
  • Sensitiewe pastor met ’n passie vir die geestelike versorging van oud en jonk.
  • Ervaring van en ’n passie vir kleingroepbediening.
  • Bereid en in staat om vars uitdrukkings van die kerk in die gemeenskap te inisieer.
  • In staat om met ’n gediversifiseerde leierspan in spanverband saam te werk.

WERKSPROFIEL

  • Ooreenkomstig die inhoud van Artikel 9 van die Kerkorde en die bedieningsvereistes van die gemeente.
  • Behuising: Behuisingstoelaag .
  • Diensaanvaarding: September 2019.

KANDIDATE

  • Gelegitimeerdes van die NG Kerk verkieslik tussen 40-50 jaar oud.

VERGOEDINGSPAKKET

  • Volgens Sinodale skale van die Wes-Kaap.

AANSOEKE

  • ’n CV van maksimum drie bladsye met drie referente tesame met ’n bondige dek- brief wat die aansoek vergesel.

Ingesluit hierby die volgende:

  • ’n Paragraaf of twee oor die volgende gedagtes:
    • In die tyd waarin ons leef, heers daar ’n kultuur van …………………..
    • In hierdie tyd behoort die gemeente al meer te fokus op ………………..
    • Hierbinne sal ek die gemeente wil versorg en begelei deur …………….
  • Rig aansoeke aan: Die Skriba, NG Kerk Melkbosstrand, 11de Laan Melbosstrand 7441.
  • E-pos: ngkmskriba@meb.co.za

NAVRAE

  • Kerkkantoor: 021 553 2753 Dinsdag tot Donderdag (8:00-13:00) en Vrydae (08:00-12:00) of ngkmskriba@mweb.co.za
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2019

KANDIDATE OP KORTLYS

Daar mag van die kandidate op die finale kortlys verwag word om ’n persoonlike onderhoud met die Pre-advieskommissie te voer en ’n erediens waar te neem.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak of die pos te vul nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.