Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Potchefstroom-Die Bult

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: Maandag 25 Maart 2019 om 12:00.

Die NG gemeente Potchefstroom-Die Bult beskik oor ’n vakature vir ’n leraar vanaf 1 Junie 2019.

Die gemeente bestaan uit 572 lidmate wat 470 belydende en 102 dooplidmate insluit. Die gemeente is geleë in ’n oorwegend studente-omgewing en reik uit na buitekerklikes.

Die leraar moet deur middel van prediking, kleingroepe, jeug, bejaardes en gesinsbedie­ning die gemeente in eenheid saamsnoer tot ’n kragtige instrument vir die uitbreiding van die koninkryk van God.

Die leraar sal afgesien van prediking, kreatief en vernuwend moet dink en betrokke wees by mense. Die leraar moet die diversiteit in die gemeente waardeer en bestuur. Die leraar moet in spanverband kan saamwerk. Verkieslik sal die leraar in die ouderdomsgroep van 40 jaar en jonger val.

Die aanstellingsalaris sal tot en met Kerf 5 met volle diensvoordele onderhandel word. U word uitgenooi om u CV per e-pos na kantoor@ngbult.co.za te stuur. Verdere inligting kan op die webtuiste, www.ngbult.co.za, bekom word.

Sluitingsdatum: Maandag 25 Maart 2019 om 12:00.

Navrae kan gerig word aan die saakgelastigde tussen 09:00 en 13:00 (Ma-Vry) by tel: 018 293 0450 of ds Dawfré Theron by dawfre@ngbult.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.