Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar – kontrak vir drie jaar – hersienbaar
Sluitingsdatum 17 Mei 2019.
Gemeenteprofiel:
Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoo-gemeente met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente bestaan al van 1851 af en was deur die jare kenmerkend ge- tuienis-georieënteerd. Hier is baie senior lidmate, maar ook ’n sterk groep volwasse jong lidmate wat vernuwend inwerk op die gemeente.
Posprofiel:
Ons verlang na ’n meelewende geestelike leier wat met Artikel 9 as riglyn en taak die gemeente kan opbou met die hulp van die Here om meer en meer sy roeping plaaslik en na buite uit te leef. Kleingroepbediening, huisbesoek en pastorale versorging moet voorrang geniet.
Vergoeding:
- Sinodale skaal sonder reiskoste.
- Gemeentevoertuig vir amptelike werk.
- Pastorie met drie slaapkamers en gastesuite.
Navrae:
- Skriba: Mariet van Wyk: 023 741 1028 of 083 556 9398 of e-pos: ngkfraserburg@breede.co.za
- Hoofouderling: Pieter le Roux: 023 741 8855 (na ure) of 082 390 6699 of e-pos: eselfontein1@gmail.com
Aansoeke:
Stuur ’n verkorte Roepingsverhaal, gawes en persoonlike besonderhede van twee bladsye aan: Posbus 30, Fraserburg 6960 of e-pos na bogenoemde adres.
In u CV moet die kontakbesonderhede van drie referente wees.
U en u gade moet asb beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
Sluitingsdatum 17 Mei 2019.
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2019.
