FEBA Radio SA

Gebruik jy die Kerkbode app?
Indien wel, kan jy 'n kennisgewing ontvang wanneer 'n nuwe vakature beskikbaar word. Gaan na "verstellings" en aktiveer kennisgewings vir vakatures.
Beskikbaar vir Android en Apple.

Geleentheid vir deeltydse verteenwoordigers

FEBA Radio Suid-Afrika is ’n wêreldwye, mediabediening wat daarop fokus om die Evangelie van Jesus Christus aan die mins-bereikte mense van die wêreld te bring.

Indien u deel wil wees van hierdie groot opdrag, bied ons vir u die geleentheid om as deeltydse verteenwoordiger by FEBA Radio SA betrokke te raak. Daar is ’n paar basiese voorvereistes:

  • Finansieel selfversorgend.
  • Vertroud met Power Point-aanbiedinge.
  • Gemaklik daarmee om voor mense te praat.
  • Eie betroubare vervoer.
  • Eie skootrekenaar.
  • E-pos en internet toegang hê.
  • Beskikbaar wees oor naweke (nie elke naweek nie).
  • Afrikaans en Engels magtig wees.
  • Opgelei te word as deeltydse verteenwoordiger.

Daar is geen vaste maandelikse salaris nie, maar wel kommissie betaalbaar, wat met u aansoek aan u verduidelik sal word.

Indien u belangstel, is u welkom om ons by info@febaradio.co.za of 012 335 5708, te kontak vir verdere navrae.