Só dink rykste lidmaat oor NG Kerk

Selfs toe die miljardêr Christo Wiese al een van Suid-Afrika se rykstes was, het hy steeds tyd gemaak om as diaken by die NG gemeente Drieankerbaai te dien.

Dié inligting is onlangs in sy nie-amptelike 2019-biografie Risiko & Rykdom (Tafelberg) met lesers gedeel. Hieroor het Wiese in 1981 aan Sunday Times gesê: “Ja, ek het wel my bedenkinge oor dinge soos die kerk se standpunt oor apartheid, maar ek het gevoel ek moet dit maar links skuif en dien waar ek kan.”

So het Wiese ook vir ’n tydperk die skool se beheerliggaam gedien waar sy kinders skoolgegaan het, volgens Risiko & Rykdom, geskryf deur die sakejoernalis TJ Strydom.

“Hy glo in ’n Hoër Gesag. Dit help hom deur stormagtige tye en die Hand lei hom deur die lewe,” word vertel in hierdie nie-amptelike biografie.

Lees hier ’n resensie van die boek.