Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Algemene Sinode: NG Kerk uitgelewer aan liberale teoloë

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Kirstein Combrink van Kaapstad skryf:

Ons staan op die vooraand van ‘n algemene sinodesitting waar Nelis Janse van Rensburg, die moderator, reeds die pad vorentoe uitgespel het waartydens hy en sy uitgesoekte ondersteuners wat die NG Kerk reeds gekaap het, gereed staan om die kerk finaal te vernietig.

Afgevaardigdes na die algemene sinode word aangewys en nie verkies nie – en is dus nie verteenwoordigend van gemeentes in die land nie!

Die NG Kerk kan nie oorleef onder die huidige liberale teoloë nie want hulle:

– verkondig ‘n vals eenheid
– minag die onvervalsde Woord van God om hulle eie agenda te ondersteun
– het reeds toegelaat om die gesag van die bybel te onderwerp aan die owerheid
– lei die kerk op ‘n dwaalweg

Ons bid dat die Here self hierdie mense tot verantwoording en besinning sal roep!

Soli deo Gloria

Ontnugterde lidmaat

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

4 thoughts on “Algemene Sinode: NG Kerk uitgelewer aan liberale teoloë”

  1. Dr MU Strauss

    Goeiste! Ek het nou byna van my stoel afgeval met die lees van hierdie klomp verskriklike aantygings! ‘n Sin soos hierdie ” hy en sy uitgesoekte ondersteuners wat die NG Kerk reeds gekaap het”, vervul my met afgryse en diep hartseer dat dit is wat ‘n sogenaamde ontnugterde lidmaat van die kerk kan sê. Kirstein, is jy nog ‘n lidmaat van hierdie kerk?

  2. Stem ten volle saam met die ontnugterde lidmaat. Ek is ook na meer as 35 jaar as kategeet, diaken en ouderling ontnugter. Skielik is amper alles wat ek my katkisante en kinders geleer het verkeerd. ‘n Bybel kan klaarblyklik nie meer deur “leke” gelees en verstaan word nie. Slegs “skrifgeleerdes” is daartoe in staat. Na 2000 jaar se intellektuele geswoeg deur skrifgeleerdes kom hulle nou agter ons was nog altyd heeltemal verkeerd tov die huwelik en seksualiteit.
    Die intellektuele hoogmoed van ons leraars neem skrikwekkende vorme aan, hulle (uitsonderings?)sal hul nie verneder om antwoorde te verskaf of gesprekke aan met “dom” lidmate nie.

  3. Johan du Preez

    Kirstein Combrink se reguit brief is nodig om sonder omhaal van woorde die ware feite op die tafel te plaas. Daar kan, en is al in die verlede, baie geskryf tov dieselfde geslag debat in die NG Kerk en dit is dus onnodig om hierop uit te brei. Die volgende punte verdien egter aandag:

    – Die pro-selfdegeslag verhouding kamp het van dag een af n briljante strategie gevolg wat heelhartig deur n liberale pers ondersteun word. Die jongste “ope brief” aan die Algmene Sinode wat vandag in die Rapport verkyn het is n goeie voorbeeld daarvan.

    – Die hele aanslag is van meet af hoofsaaklik van binne die Algemene Sinode (vorige en huidige moderator) en deur sogenaamde “intellektueles” bestuur.

    – Daar is n “bonatuurlike” element aanwesig in hierdie poging om die NG Kerk in sy huidige formaat te vernietig ens.

  4. Marietjie le Roux

    Gewone lidmate gaan nie by die argument betrokke raak nie .Hulle gaan slegs ander weivelde soek.En hulle is oorwegend behoudend.

Comments are closed.

Scroll to Top