Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Skuldbelydenis by die Algemene Sinode

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marcel Vosloo van Strand skryf: Mag die Algemene Sinode van 2019 begin met ’n skuldbelydenis. Ons moet bely dat ons toegelaat het dat ons die gebod “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie” oortree het. Ons het toegelaat dat daar in die kerk – op grond van selektiewe en eensydige wetenskaplike gegewens – gesê is dat dieselfdegeslag oriëntasie (SGO) ’n gawe van God is.

Die grootste studie ooit oor die biologiese oorsprong van SGO is sopas gedoen onder 492,678 persone. Ek haal hul graag aan:

“We established that the underlying genetic architecture is highly complex; there is certainly no single genetic determinant (sometimes referred to as the “gay gene” in the media). Rather, many loci with individually small effects, spread across the whole genome and partly overlapping in females and males, additively contribute to individual differences in predisposition to samesex sexual behavior. All measured common variants together explain only part of the genetic heritability at the population level and do not allow meaningful prediction of an individual’s sexual preference.” “… several of our results point to the importance of sociocultural context as well.“

Wetenskaplikes is dit verder eens dat die lakmoestoets vir of SGO ’n biologiese oorsprong het, sal wees wanneer 100% van gevalle by identiese tweelinge beide dieselfde seksuele oriëntasie het. Die waarheid is dat dit geensins die geval is nie.

Verder moet die kerk bely dat die “sociocultural context”, die “nurture-“gedeelte, die navorsing van die sosiale wetenskappe – totaal geïgnoreer word wanneer daar gesê word SGO is ’n gawe van God.

Insiggewende inligiting kom na vore met die navorsing van O’Keefe et al (2014) en Beard et al (2013). Die inligting is verkry van 1,178 studente, oud-studente, dosente en personeel by twee universiteite in Wes-Virginië. Die studie het gefokus op bloedskande onder broers en susters asook seksuele misbruik deur volwassenes.

Hul het die volgende bevind: “The powerful effect of same-sex sibling incest as a predictor of adult same-sex orientation and of course same-sex CSA (Child sexual abuse) by adult males in our participants reported by Beard et al. and same-sex orientations in victims of sister-sister incest provide critical period learning, sexual imprinting, and conditioning explanations for three phenomena used in the past to support claims that there is a genetic basis or other biological basis for same-sex orientations: concordance of sexual orientations between twins, an increase in same-sex orientations among men with older brothers, and earlier puberty in gay men than in heterosexual men. Concordance of sexual orientations among identical twins is easily explained by the high likelihood of incest between the twins and the effect of same-sex incest on adult orientation. The higher incidence of same-sex orientations in men with older brothers is also easily explained by incest between the two brothers having a more profound effect on the younger brother because of critical period learning.”

Navorsing toon dat seuns wie seksueel gemolesteer is, 4 tot 7 keer meer SGO openbaar – 65% van die slagoffers meld dat dit ’n uitwerking gehad het op hul seksuele identiteit (Bolton, Morris en MacEachron). Sheir en Johnson (1988) se navorsing het hulle by ’n syfer van 58% uitgebring. Wetenskaplikes wie geen ruimte laat vir sosiale/omgewingsinvloede op die ontstaan van SGO, beweer dat die homoseksuele persoon hierdie persone onwillekeurig aantrek. Tog het T Sweet en L S Welles (2012) bevind dat persone met SGO rapporteer dat hulle deur persone van dieselfde geslag seksueel misbruik is deur “…an adult or any other person younger than 18 years when the individual did not want the sexual experience or was too young to know what was happening.”

’n Saak wat voorkom by ’n groot persentasie homoseksuele mans, is die gebrek wat hulle het aan ’n vervullende verhouding met hul vaders. Gerard van den Aardweg (1985) sê dat by 71% van homoseksuele mans “The most important factor was the father’s detachedness or nonparticipation in the son’s upbringing. The fathers of 38 percent of the men were so hypercritical that the sons were made to feel either rejected and/or inferior.” Dis insiggewend dat in ’n 2010 studie onder 7,643 vroue tussen die ouderdomme van 14 en 44, daar bevind is dat vroue wie sonder hul biologiese vaders grootgeword het, drie keer meer lesbiese verhoudinge in die vorige jaar aangeknoop het, as diegene wie by hul biologiese vaders grootgeword het.

  1. Frisch en A. Hviid (2006)het in ’n studie onder 2 miljoen Dene gevind dat SGV baie meer voorkom by mans wie se ouers geskei het en waar die vader afwesig was. By vroue het die dood van hul moeders in die adolessente jare baie hoër SGV tot gevolg gehad.

Ek weet dis riskant om van jou eie waarneming te praat. Dis reg dat ons na verantwoordelike wetenskaplike studies sal gaan kyk. Maar by geleentheid het ek besoek gaan aflê by ’n moeder wat haar volwasse homoseksuele seun aan die dood moes afstaan. So deur haar hartseer vertel sy vir my: “Hy was so ou pragtige seuntjie, selfs mooier as sy sussie. Ek het kleintyd altyd sy ou gesiggie opgemaak en vir hom rokkies aangetrek…”

Ek pleit vir eerlikheid voor die Here. Ek is oortuig dat ’n groot deel van die swak hantering van hierdie sensitiewe saak, spruit direk voort daaruit dat ons nie in opregtheid voor die Here hierdie saak benader nie.

Ek pleit vir nederigheid en erkentlikheid, vir ware liefde vir God en almal betrokke by hierdie saak: “Laat ons met erkentlikheid na die Here gaan met berou oor die hantering van hierdie saak. Kom ons HERBESOEK hierdie saak. Dit gaan om God se eer.”

———————————


In die lig van wye belangstelling in die vergadering van die Algmene Sinode (6-11 Oktober) pas ons Kerkbode se gebruiklike woordperk op lesersbydraes tydelik aan om lesers selfs meer plek te gee om aan die gesprek deel te neem. Stuur bydraes wat die 3 000 karakterperk van ons BRIEWEBLAD oorskry, per e-pos na kerkbode@tydskrifte.co.za indien – Red.

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

3 thoughts on “Skuldbelydenis by die Algemene Sinode”

  1. Hierdie brief van Marcel Vosloo, bring ons by ‘n belangrike besluit binne en buite die kerklike ruimte. Hierdie besluit is die aanvaarding van die historiese feit en openbaring van God soos dit in Genesis aan ons gegee is en ook bevestig is in die Nuwe Testament: God het die mens as man en vrou geskape. Die gesondheid van enige samelewing word binne hierdie waarheid vasgevang waar man toegelaat word om waarlik man te wees soos God dit bedoel het. Net so ook vir die vrou om waarlik haar rol as vrou te vervul soos God dit bedoel het.

    Hierdie besondere twee rolle word ‘n noodsaaklike faktor in die ruimte van huwelik en gesin wat oorvloei na die samelewing in die bree. Ek wil saam met Marcel oproep dat ons in liefde en begrip na die hierdie waarheid soos God dit bedoel het sal terugkeer. Die kerk moet duidelike leiding gee aan mans en vroue om hulle ware rolle voluit uit te leef. Dit is baie weier as net die huidige gesprek oor seksualiteit. Dit het alles ook te doen met die geweld teen vroue, verval van huwelike, en hoe vroue hulle eie liggame onteer deur optrede en uitsprake. Die etiese beginsels van wie ons is en hoe ons moet leef soos in die Woord vervat, moet weer sy weg as basis van ons samelewing vind.

  2. Kirstein Combrink

    Dankie vir jou brief Marcel.
    Ek ondersteun graag jou oproep tot verootmoediging en skuldbelydenis in hierdie kritieke uur waarvoor die NG Kerk en ander kerke ook staan. Ons kan net bid vir bonatuurlike ingryping deur die werking van die Heilige Gees.

  3. Johan Raubenheimer

    Ek wil geensins ‘n waarde-oordeel uitoefen of probeer klink of ek kant-kies in hierdie debat nie. Ek het egter gay-gelowiges in ons gemeente wat ek in liefde bedien en baie liefhet en besorg oor is . Ook ouers van gay-gelowiges oor jare wat ons probeer bedien en begelei – gepaardghaande met uiterste eravringe van verwarring. Maar Prof Louis Jonker se vinnige vraag vanoggend aan Hoofregter Mogeng was aardskuddend – ek dink nou nog hy besef hy moes dit eerder nie gevra het nie: ” Watse raad kan u vir ons as kerk gee oor die besluite mbt gay-lidmate en die hantering daarvan in gemeentes? En toe kom die regter se antwoord: (nie wat Louis Jonker of ek/andere gedink het gaan volg nie): – Ja, die Grondwet moet alle mense beskerm, maar ons in die kerk het ook die Bybel wat ons moet lees en dit moet gehoorsaam”. Ek dink nie een van ons het so ‘n antwoord verwag nie. En dit laat mens net wonder oor hoe getrou ons werklik de Bybel lees en uitleef!! Kan ek eerlik wees – hierdie hele hantering van die diversiteit van menslike seksualiteit vra vir baie diepe en versigtige besinning. Daar is bloot nie ‘n een-ogige antwoord nie. En die wyse hoe liewe Laurie Gaum die kerk indwing in sy oortuigings weet ek ook nie of dit altyd so liefdevol is soos wat hy en sy gevolg wil voorgee nie
    Johan Raubenheimer
    Potchefstroom

Comments are closed.

Scroll to Top